As jy hier kan lees is jy gelukkig, want ek sit in ‘n vreemde land op ‘n vreemde laptop, werk met ‘n vreemde bedryfstelsel in ‘n vreemde browser, met ‘n vreemde plat plaat hier langs my wat ek die “muis” met so pennetjie bedryf. Die kinders Droids en Xoom en i en Mac en Bamboo en iemand iewers weet wat nog. Ek probeer kophou tussen die vreemde konneksies en converters en laaiers vir my eie batterye vir kamera, twee fone en die Kindle.

Maar nietemin.

Vandag is Moedersdag (Onthou dis vandag eers Sondag hier!), en ek is baie bevoorreg.

  • Ek kon (weliswaar tweedehands) met my eie ma kommunikeer.
  • Ek kon (gelukkig eerstehands) Moedersdagwense kry van my oudste dogter en skoonseun wat ek ‘n paar jaar laas gesien het.
  • Ek kon eerstehands (weliswaar tegnologies) van my jongste dogter wie ek darem ‘n paar maal per jaar sien liefdeswense kry.
  • Ek het die mooiste kleindogter, so ek kon ook Moedersdagwense aan haar ma gee.

Moedersdag oor vier geslagte heen, waaroor ek elke dag dankbaar is, nie net op Moedersdag nie. Dis net dat dit vandag vir my meer spesiaal voel as ander dae.

Ek kom kom lees al julle blogs weer wanneer ons terug is in ons eie tydsone en by my eie huis met my eie goedjies. In ‘n tyd wat weer vir my sin maak…

Ek het wonderlike foto’s van wonderlike plekke, en ek gaan julle nog wys tot julle my stop!

Advertisements