Sleutelwoorde

, , ,

Het jy ‘n Kindle? Of ‘n iPad? Of ‘n Xoom? Of ‘n PC? Het jy ‘n iPhone? Het jy geweet jy kan al Amazon se boeke op ‘n Kindle App wat gratis beskikbaar is lees op enige van hierdie devices? (Toestelle klink nie vir my lekker nie, vir my is ‘n toestel ‘n appliance, soos ‘n yskas of wasmasjien). Ons het pas ‘n tweede Kindle gekoop, en was nog nie ‘n oomblik spyt nie, want die MaanMense lees elke aand in die bed.

Die lekkerste funksie van die Kindle is seker vir my die woordopsoek-funksie, en dan ook die Notes wat jy kan maak, as jy ‘n spesifieke stukkie wil onthou, onderstreep of weer later wil teruggaan. Alle boeke wat jy koop, se Notes bly ook op ‘n sentrale plek in jou Kindle rekening bladsy. Jy kan ook kies of jy jou Notes aan ander leser beskikbaar wil stel. Die feit dat jy fontgrootte en lynspasiëring kan stel, maak dit natuurlik maklik op die ouer oog…

Het jy geweet daar is hordes gratis boeke beskikbaar op Amazon? Het jy geweet die meeste klassieke werke is gratis beskikbaar?

‘n Baie oulike webwerf waar jy elke dag ‘n lys van gratis e-Boeke kan kry.

Mense kan sê net wat hulle wil, maar e-Boeke is net eenvoudig besig om oor te neem. Oral op ons afgelope vakansie was mense te sien wat op enige van die toestelle te lees. Ek kan verstaan dat tradisionele uitgewers bang is vir die sprong, maar ek sien nie waarom nie. Dit laat my dink aan al die doemprofete oor nuwe ontwikkeling in die vorige eeu.

  • Television

  • Transportation technology

    • What can be more palpably absurd than the prospect held out of locomotives traveling twice as fast as stagecoaches?
      • The Quarterly Review, March, 1825.
    • That the automobile has practically reached the limit of its development is suggested by the fact that during the past year no improvements of a radical nature have been introduced.
  • Telephone, telegraph

    • Well-informed people know that it is impossible to transmit the human voice over wires as may be done with dots and dashes of Morse code, and that, were it possible to do so, the thing would be of no practical value.
    • Transmission of documents via telephone wires is possible in principle, but the apparatus required is so expensive that it will never become a practical proposition.
      • Dennis Gabor, British physicist and author of Inventing the Future, 1962.

Baie meer van hierdie (wan)voorspellings is HIER te sien.

Dink jy steeds e-Boeke het geen toekoms nie? Ek glo absoluut daarin, daarom werk ek my morsdood op die oomblik, om in hierdie bedryf te kom terwyl hy jonk is.

Gebruik hierdie maklike skakel vir ‘n volledige lys van al Boekemakranka se e-boeke op Amazon, of kyk na spesifieke skrywers se boeke.

Kliek hier vir ‘n volledige lys van Abrham Nel se e-Boeke op Amazon

Kliek hier vir ‘n volledige lys van Adele Reynders se e-Boeke op Amazon

Kliek hier om na al Dries Brunt se e-Boeke op Amazon te gaan kyk

Kliek hier vir al Frenette van Wyk se e-Boeke op Amazon

Kliek hier om na al Rika se e-Boeke op Amazon te gaan kyk

Kliek hier om na Sonjia Wolfaardt se e-Boek op Amazon te gaan kyk

Kliek hier om na Trisa Hugo se e-Boeke op Amazon te gaan kyk

Kliek hier om na al Vera Wolmarans se e-Boeke op Amazon te gaan kyk

Wat is jou ervaring van e-Boeke?

Advertisements