Sleutelwoorde

,

Today I screwed up.

Ek het baie talente. Ek is oa prakties, kreatief, noukeurig en hardwerkend. Generally speaking, ‘n goeie boeremeisie. Ek gooi nie maklik iets weg wat nog vir my nut het en wat ek nog gebruik nie, en as dit breek, maak ek dit heel. In hierdie geval, as die kat my brei/hekelmandjie flenters krap, dan vervang ek die materiaal.

Net so moes ek onlangs ‘n Director’s chair se seilsitplek vervang, wat heel glad verloop het, afgesien van die klomp masjiennaalde wat ek afgekap het. Daar bly toe net mooi genoeg van die mooi roomkleur canvas oor om my breisak se sak te vervang. Singer naaimasjiene kan nie die universele naalde gebruik nie, en ek kry nêrens ‘n nommer 12 of 14 naald, (waarmee mens denim en canvas werk) nie.

(Voeg gou by my talente – en hier praat ons breedweg van talente – deursettingsvermoë, kalmte of vertaal dit ook as plein koppigheid. As ek iets wil doen, wil ek dit nóú doen.)

So vergeet ons een van MaanMan se jeans in San Francisco, en nog een skif ook toe sommer deur, en ons moes inderhaas winkels toe vir nuwe jeans. (Hy het ‘n uiters minimalistiese klerekas) Elke enkele jean in sy kas, moet altyd korter gemaak word, hy glo nie aan duur Levi’s wat jy in korter lengtes kan koop nie, o nee, Mr Price s’n is goed genoeg.

Die jeans se some het net twee naalde afgekap, (ek koop nou sommer 3 pakkies op ‘n slag) so my geduld het gehou en ek maak toe gou die nuwe sak klaar, sodat MaanMan dit vir my kan gom.

Maar helaas. I totally screwed up met die metery, die sak pas, maar hy kan nie meer toemaak nie…

Maar vrees nie, ek het nog ‘n talent – ‘n boer maak ‘n plan! Ek soek nou ietsie om sulke netjiese lusse mee te maak, dat dit lyk of die sak maar altyd so gelyk het…

Advertisements