Sleutelwoorde

,

Is platoniese vriendskap tussen teenoorgestelde geslagte moontlik? Ons wil graag so glo, en baie mense gaan dit hand-en-tand verdedig, en ander gaan sê no ways, ‘n ondertoon van seksuele energie dryf altyd so ‘n vriendskap.

In my 55 jaar en 359 dae het ek dit wel al beleef dat ek met mans suksesvolle platoniese vriendskappe kon hê. Vriend Frank is seker die beste voorbeeld daarvan. Ons het saam gewerk en was bekend as “die Porra en die boer”. Menige mense het ons van ‘n verhouding verdink omdat ons so gemaklik met mekaar was. Ons het saam rondgery vir werk, ook na die platteland. Saam besigheidstrategieë beplan. Etenstye het ons saam deurgebring en  ons was baie na aan mekaar. Baie. Ek onthou veral twee gesprekke baie goed. Die een keer het ons gaan roei op die Randburg waterfront se meer (daardie dag het hy my vertel van die boek Celestine Prophesies), en die ander keer het ons gestap in die berg by die Roodepoort Botaniese tuin (nuwe naam?) se waterval. Beide kere so in ons business suitjies. En tydens die gesprek het hy my met business suitjie, sykouse en al sover gekry om van ‘n bankie af te spring. (Don’t ask!)

Hy het gereeld by ons aan huis gekom, en ook saam met my en my dogter gaan eet/fliek. Maar hy was meer my vriend as ons vriend.

En toe een dag. Een dag toe knip hy ons vriendskap af. Sonder om ‘n rede te gee. Hy wou dit nooit bespreek nie. Dis nou meer as 10 jaar en my hart is steeds seer oor die vriendskap. (Ja, ja, ek weet van reasons en seasons! Hy het my immers daarvan geleer. My hart is seer daaroor, OK?) Ons kon oor alles praat, ons het baie verskil, ons het baie gelag. En hy ignoreer steeds die e-posse wat ek elke paar jaar stuur. Kom ons kyk of hy reageer op die LinkedIn versoek.

Wat dink jy van platoniese vriendskappe tussen teenoorgestelde geslagte?

Wat wag nog op hierdie twee kleintjies, wat nou so saam kan slaap?

http://dailypost.wordpress.com/2012/06/08/9009/

Advertisements