Vandag is ‘n vreeslike spesiale dag. Op ‘n manier is dit my Kroondag! Ek is net so oud soos my geboortejaar.

My vriende het vir baie pret gesorg met die een, my krone op die kop toegewens, en vriend Francois Bloemhof se wens aan my is dat ek vandag Die Baas mag wees! (my beroep word gelys as: Somtyds Die Baas, of meestal Die Klaas, @ Kleinmond Self-Catering Accommodation)

My liefste kleinkind het my wakker gebel (Ouma, is ses-en-vyftig jonger as een-en-sestig? – Sy is diep onder die indruk van hoe oud haar oupa MaanMan is…), en al my liewe vriende se boodskappe wag nog om gelees te word.

Dis vir my baie lekker om te verjaar, as almal my bel, SMS, BBM, WhatsApp, oor die muur skree kom haal jou present, reënboë en koeke en wat nog als en sulke spesiale goeters vir my sê en doen en gee. My man en kinders en kleinkinders skonnseuns en vriende en bure en familie is regtig die wonderlikste mense, en verryk my lewe onoorvertelbaar. Ek stuur ny Dankies Boontoe elke dag vir almal om my, wat help om van my ‘n beter mens te maak.

Maar nou gaan ek eers bederf word, as julle my sal verskoon!

Dan het medeblogger Anzel Gerber ook my hart bly gemaak, met haar debuut kortverhaalbundel wat as e-Boek beskikbaar is op Amazon.

'n Versameling van heerlik humoristiese kortverhale, lekker chick-lit deur 'n vars jong stem.

Kliek op hierdie maklike skakel om na Pronk op Amazon te gaan kyk

Advertisements