Vandag is die eerste dag van ‘n proses wat die res van my lewe raak… Hoe sê ‘hulle’? As jou huwelik die toets van verbreek en verbou slaag, is die fondament stewig en is daar goeie hoop dat julle saam op die ouetehuis se stoep gaan sit.

Ja, ons breek en ons bou. Die S-woord. Self. Ons is darem al deur ‘n paar sulkes, ‘n badkamer is sommer tjoef-tjaf en dis kafgedraf.

En wie het gelag oor die gekleurde badkamers wat vir ons so mooi was toe ons in die 70’s die trotse eienaars van splinternuwe huise geword het? Die avokadogroen en wynrooi en mosterd- (ek sidder om dit ‘n kleur te noem…) Baddens was moeilik om skoon te hou! Baie van daardie badkamers, met bont teëls en al, is vandag nog ‘n rede waarom mense neus optrek vir ‘n huis.

Vir jare lank was alle badkames rein en wit, so ek het geweet dit is ‘n kwessie van tyd…

Maar verskoon my, ek moet opstaan en regmaak, die plumber moet iets kom uitsorteer voor die stof en kap en gemors begin…

Posted with WordPress for BlackBerry.

Advertisements