Vandag het ek weer ‘n wonderwerk beleef.

Wat het tussen hierdie twee boodskappe van Kobie gebeur?

(Lees asb eers haar skakel voordat jy die omvang van wat gebeur het sal kan verstaan)

2 hours ago via BlackBerry Smartphones App
Almal bid, ons het n veld brand. N moerse een!
25 minutes ago via BlackBerry Smartphones App
dankie almal se gebede ons het vuur gekeer dankie almal wat kom help het ek help nog stompe wat smeul water spuit moenie nou bel nie foon iis amper papp hou vi nood bel
Gebede. Wit lig. Goeie gedagtes. Visualisering van ‘n wolk vol water oor die plaas. Die Sinergie daarvan. Gebede van vriend, familie en kettings wat vriende spontaan gemaak het. Dankie! Net die krag van gebed kon dit doen. Om ‘n veldvuur in ruie winter bosveld in so kort tyd te keer met ‘n voorbrand (beheerde brand wat op ‘n ander plek aangesteek word sodat die een vuur die ander keer deur ‘n stook skoon te brand) te keer in so kort tyd, grens aan ‘n wonderwerk. Wel, dis seker altyd ‘n risiko, want wie is groter as die natuur? Die natuur laat hom nie voorskryf nie, en vuur, water en wind keer jy nie. Kyk hoe ruig is dit.
Nou net gehoor: Plase aan weerskante brand nog – Alle gebede word asseblief verleng en uitgesprei. Daar is baie wild op die plase.
Kobie het self verlede week geskryf oor ‘n flertsie reënboog wat vir haar so besonders was, en ek glo dit is ‘n teken dat haar lewe nie vir ‘n derde keer deur vuur en vlamme verswelg sal word nie. Is dit ‘toevallig’ dat ‘n vriendin vanoggend vir my ‘n skakel na hierdie foto gestuur het? Me thinks not.
Advertisements