Sleutelwoorde

, ,

Iemand gebruik nou die dag die term leunstoel aktiviste vir mense wat  hom so frustreer, en ek voeg toe sommer die grusame foto van die gewonde hond by wat mense so rondgestuur het, onder die vaandel van mense bewus te maak van dieremishandeling.

Onder dieselfde kam skeer ek ook die verromantisering van boemelaars, huis- en tuinwerkers (Ek eer en ag enige werk, sien neer op niks en niemand, maar hierdie verromantisering van tuiningenieurs en huishoudsters raak nou bietjie dik vir ‘n daalder). Voeg daarby sommer ook mense wat nadoods as saints verklaar word. Ons was al almal by begrafnisse waar jy kan sweer jy is nou by die verkeerde mens se begrafnis, as jy die lofsange aanhoor. Ja, dis is tragies as ‘n sanger of akteur sterf, maar my (eks)skoonma wat op hierdie oomblik sterwend is, het dalk meer vir haar medemens gedoen as al die RIP So-en-so, al het ek jou nie geken nie, maar dit lyk goed op my Facebook wall, celebs.

Maar.

So dop ek nou my eie toets, want ek doen hier presies dieselfde. Ek verromantiseer die rol wat mnr Mandela gespeel het, omdat ek sy hand geskud het, en in sy oë gekyk het. (Eintlik jok ek, ek het nie sy hand geskud nie, hy het my hand in altwee sy hande gevat, en vasgehou.)

Happy birthday tommorrow, Madiba! Ek het hierdie verlede jaar geblog, so vergewe as jy dit al gelees het, maar ek vermoed ek blog dit dalk volgende jaar hierdie tyd weer.

Iewers is Oktober 1996 het ek die voorreg gehad om Mnr Nelson Mandela se hand te skud. Hy het by dieselfde hotel geëet waar ons gebly het, en sy sekuriteit was verspot maklik om deur te dring. Ek het ure in die voorportaal gewag dat hy verbykom, net om dálk ‘n glimps van sy agterkop te sien. En toe uiteindelik sy hand geskud het? En hom vertel het hoe ek daardie selfde dag op besoek aan Robbeneiland in die sel kon sit waar hy aangehou is?

En wat het die charming oompie gedoen? Hy het met die grootste liefde in sy gesig, sagtheid in sy oë en ‘n halo om sy kop, sy sekuriteitsmense beduie om te wag, en my hand in albei sy hande vasgevat. En my toe die versekering gegee dat dit vir hom ‘n groot eer is om hier te staan en dat hy amper wens dat hy weer daar kon wees, as dit saam met so ‘mooi, jong’ vrou is. So iets. MaanMan het die foto geneem waar hy al weer op pad uit is (Die blommiehemp)

‘n MAGIC moment. ‘n MagicMan. Madiba. (En ja ek weet. Die man was ook ‘n terroris wat bomme geplant het. Nooit geweld afgesweer het nie. Bloed van onskuldige mense aan sy hande het. Ek weet. Maar dit was steeds vir my magic)

Ek staan in Die Sel waar Mnr Mandela geslaap het. Die volgende foto is in die Binneplein waar die gevangenes elke dag bymekaar gekom het (Ek sien dis dieselfde 5kg waarmee ek steeds sukkel sedert 1996!)

MaanMan met Tafelberg in die agtergrond

Advertisements