Eish! Nou het ek te vinnig gekliek op Save en nou is dit onomkeerbaar. As ek my buurvrou BBM in die nag as daar ‘n alarm afgaan om te hoor of sy okei is, verstaan ek as ek te vinnig Enter druk as ek deur die newels is. So het een van my vriendinne ook nou die dag ‘n groot blaps gemaak met Reply All.

Wat ek eintlik wou doen, was om ‘n inskrywing te Reblog, en toe wys die pyltjie na ‘n ander blog van my, wat ek nie onderhou nie, maar bloot die naam gekaap het, en dit gebruik as ‘n skakel na my webwerf.  Ek sien dit die splitsekonde wat ek toe kliek op Save.

Dit sluit aan by my gedagte wat in my kop maal vandag: Hoe op aarde het besighede hulle werk gedoen gekry en navrae afgehandel toe alle korrespondensie gepos is? Toe die Telex net vir noodgevalle gebruik is, en die koms van die faxmasjien soos ‘n wonderwerk was?

Het jy al iets so die wêreld ingestuur wat vir jou ‘n verleentheid was?

Wat ek aanvanklik wou sê voordat my vinger so lig op die knoppie was: Meestal is ek baie gelukkig met myself, met die mens wat ek is. Maar soms wens ek kon iets verwoord soos iemand anders, of iets voel soos iemand anders. Gisteraand toe ek notification van hierdie kry en die inskrywing op my BB in die bed lê en lees, het ek gewens dat ek ‘n stukkie van sus Slakkelak se karakter gehad het. Sy is deesdae al hoe meer ‘n inspirasie vir my. Dankie, Kobie!

Advertisements