Sleutelwoorde

, ,

Purple to me means the incapability of my camera to take photo’s at night. My eerste Nikon digitale kameratjie met sy 3.2 zoom het wonderlike aandfoto’s geneem, maar hierdie een werk net op geen stelling nie. Ek het al gesoek na oplossings, maar oral op die internet sien ek ander mense het dieselfde probleem met die Nikon Coolpix L110.

Met ons onlangse toer deur California het ek baie geleenthede tot wonderlike nagfoto’s gehad, veral in Las Vegas, maar helaas. My kamera wou net nie saamwerk nie.

Die belangrikste het ek egter vasgevang, die prente is in die lens van my hart ingegraveer, en geen foto kan ooit daardie ervaring vervang nie. En ek het boonop die herinneringe van foutfoto’s, in pragtige pers.

http://dailypost.wordpress.com/2012/07/27/weekly-photo-challenge-purple/

Advertisements