Sleutelwoorde

, , ,

Soms kom daar mos net sekere woorde in jou kop, en dan moet jy ‘n nota maak daarvan, anders is dit weer weg op ‘n wolk. So kry ek gereeld notatjies op papiertjies in boeke, van iets in my eie handskrif, dan wonder ek weer wat op aarde het my daaraan laat dink? Deesdae weet ek, sulke boodskappe moet oorgedra word aan ander, anders sou dit nie in my kop gekom het nie.

OK soms Doodle ek mos as jy op die foon praat, en so vind ek toe  een dag iets in my groentebak wat langs die telefoon staan…  Dankie, Patat, dat jy daar was vir my, dankie dat jy geduldig geluister het toe my pen met jou gepraat het.

Maar bowenal – Dankie dat jy jou lewe kon gee, sodat ek kan lewe. Want my hart kry seer om iets wat so mooi lewe  in die oond te vermoor…

Basiese respek vir onsself, en vir mekaar gaan nog ons verhoudings met mekaar en met ander red. Om onsself en ander te eer, te ag en te erken, gaan nog die wêreld swaai. Ek ag, eer en respekteer myself vir wie ek is en wat ek doen. Ek ag, eer en gee erkenning aan jou vir wie jy is en wat jy waar doen. Respek Red.

Elke enkele dag as ek ‘n boodskap van Neale Donald Walsch kry, pas dit ook in met waaroor ons pas gesels het, of waaroor ek gedink, of geskryf het. Vandag se boodskap:

On this day of your life, dear friend, I believe God wants you to know…that independence is your soul’s natural state, and Freedom is another name for God.

The Divine is that which is totally free, all the time. Nothing constricts It, nothing limits It, nothing stops It or prohibits It or denies It in any way.

You are exactly the same. Your soul is nothing more than an Individuation of Divinity…and it is absolutely nothing less. Act as if you are divinely free today — and watch your life change.

(Neale Donald Walsch)

Respect the divinity in you.

Advertisements