Sleutelwoorde

, , , , ,

Finally! Nadat ek ‘n lekker gesprek met my haarkapper gehad het oor die veelbesproke geskakeerde trilogie, het ons uitgepluis waarom EL James se Fifty Shades trilogie so gewild is.

Ek sou helaas aanbeveel dat jy in so ‘n geval eers  seker maak sy is nie kwaad vir mans na ‘n onlangse insident in haar lewe nie, en dat jy ook nie behaaglik teruglê in haar stoel en op haar vraag, Wat doen ons vandag? antwoord Maak nét soos jy wil, nie… Want met elke punt wat sy maak, dan knip sy…

Wie van ons wil nou nie:

  • ‘n Man hê wat jou begeer met sy hele hart, siel en lyf nie.
  • ‘n Man wat alles sal doen en gee, sodat jy gemaklik en gelukkig is.
  • ‘n Man wat jou verstaan, en presies weet wat in jou kop, hart (en lyf) aangaan, en reageer daarop.
  • ‘n Man wat aandring dat jy tog asseblief net al jou kos sal opeet, dat jy bietjie gewig kan optel.
  • ‘n Man wat die maatskappy koop om seker te maak dat jy gelukkig by die werk is.
  • ‘n Man wat ontevrede is as jy jou hande lig om ‘n glas in die skottelgoedwasser te pak.
  • ‘n Man wat sorg dat jy die nuuste en beste BlackBerry, iPad, iPod en laptoppie het. Dis nou nadat jy jou aangetrek het met die klere wat sy persoonlike shopper vir jou gekoop het, nommerpas en stylvol. Uit die aard van die saak is jy gegroom en bederf met enige behandeling van jou keuse.
  • ‘n Man wat jou bo alles en almal stel.
  • Laastens ook ‘n man wat nie die einde van sy skatte ken nie, wat aandring dat dit ook aan jou behoort.

Dit sal enige vrou in so mate aandraai dat sy vyftig skakerings van grys sal sien!

Wie van julle sal nie bereid wees om te whisper en te murmur en te smirk en op jou lip te byt, terwyl jy jou oë vir hom rol nie?

Laters!

@MaanKind (KortGeknip)

Gebruik hierdie skakel en bestel enige van die Fifty shades reeks e-Boeke van Amazon

Bestel die eerste in die reeks, Fifty shades of grey HIER van Kalahari

Bestel al drie boeke in die Fifty Shades reeks HIER van Kalahari

Erotiek in Afrikaans: Bestel Maanvrug HIER van Kalahari

Erotiek in Afrikaans: Bestel Maanvrug HIER van Amazon

Advertisements