Sleutelwoorde

, , ,

Onthou dat Saterdag die jaarlikse Koop-‘n-Afrikaanse-boek-dag is! En ja, e-Boeke tel ook!

Daar word gevra dat alle Afrikaans-liefhebbers op11 Augustus ‘n Afrikaanse boek koop uit solidariteit met ons Afrikaanse skrywers, uitgewers en boekwinkels wat sorg dat daar voortdurende nuwe Afrikaanse boeke op die mark verskyn.

Vir jou Kindle of Kindle App, gebruik Hierdie Maklike Skakel om na Boekemakranka se e-Boeke op Amazon te gaan kyk.

Daar is lekker liefdesverhale, ernstiger boeke, of sommer iets lekker warm en eroties.

Boekemakranka se eerste e-Boeke is nou op Kalahari beskikbaar in ePub formaat. Daar gaan weekliks nuwe boeke beskikbaar wees.

Gebruik Hierdie Maklike Skakel om na Boekemakranka se e-Boeke wat reeds op Kalahari beskikbaar is, te gaan kyk.

Moet jy regtig wag tot Saterdag? As jou leeshart Afrikaans is, koop sommer vandag nog ‘n Afrikaanse e-Boek!

Advertisements