Sleutelwoorde

Elke Vrydag en Saterdag is daar by die huis skuins oorkant ons, ‘n soort tuisnywerheid, waar allerlei gebak verkoop word, vir die Fynbos-projek. Singleton’s is ‘n organisasie sonder winsbejag, met die doel om fondse te genereer vir die Fynbos Bejaardesorg Projek. (Kom ondersteun ons as jy in die dorp kom, Saterdae is daar heerlike pannekoek!)

Een maal per maand speel ons Boere-orkes, Die Stoepsitters, daar boeremusiek, en een goeie dag sien ek van my balkom af die volgende toneeltjie. Ek het net kamera gegryp en trappe afgehardloop, daar was nie tyd vir enige iets nie. Ek wou net die oomblik vasvang!

Maria April, of alom in die dorp bekend as Mina en haar saamloopmaat George, is bekende “bergies” of “bosslapers” in Kleinmond. Hulle doen geen vlieg skade nie, maar as die rooiproppie gepraat het, dan dam hulle mekaar soms bly dat Juffrou (dis nou ek) maar moet verbande/salf/pleisters gee, en ook ‘n ietsie… met so duimbeweging na die mond en ‘n skuins skrefies-knipoog.

(Intussen het daar so ‘n stuk of sewe jaar verloop sedert ek die foto’s geneem het, en was hulle die laaste keer wat ek gesien het, aansienlik meer verinneweer.)

http://dailypost.wordpress.com/2012/08/31/weekly-photo-challenge-free-spirit/

Advertisements