Verdraagsaamheid. Dis wat nog ons wêreld gaan red. Die son skyn wyd en skerp. Daar is plek vir almal onder hom. Mos. Indien nie Liefde vir onsself en vir mekaar nie, blote verdraagsaamheid. Ja! Verdra en verduur mekaar, gee mekaar ruimte, gun ‘n ander sy standpunt en sy siening.

Die afgelope week of wat skaam almal hulle so vir almal, en hoe meer hulle hulle skaam, hoe erger en meer fanaties gaan almal tekere. Hulleself ook. Dis ‘n gevloek en geskel en beledigings en laster en dreigemente. Van beide kante af. Elke groep dink hulle is so oulik en die ander is belaglik. Maar wat is die dóél eintlik van so iets? Wie wil wat bereik? Mense hits mekaar aan en blaas haat aan. Maar wat bereik hulle? Dink iemand vir een oomblik die ander groep gaan luister?

Dan is daar ook hier en daar mense wat hullself as oopkop beskou, maar die oop kop strek net sover mense met sy/haar siening saamstem. Hoe oop is dit dan as jou waarheid nie voorsiening maak vir, of ander se waarheid en sieninge kan respekteer nie?

Wie wen hier? Wie oortuig vir wie? Wat is die nut?

People who fight fire with fire usually end up with ashes.

Wees lief vir mekaar. Verdra en verduur. Want elke mens dink hy is reg. Gun dalk net die ander party met ander sieninge, diesefde vryheid?

Advertisements