Ai, hoe wens ek ek kon dinge soos Nadia verwoord! Hierdie proses is so goed beskryf, ek wil dit graag met almal deel wat haar blog dalk mis.

Nadia de Kock

Die dag toe ek met die iPhone by die kantoor instap was ek vir ‘n paar minute ‘n heldin onder my jonger kollegas.  Hulle het om my ge”oe” en ”aa” oor die sexy, dun stukkie tegnologie in my hand. Hulle was beindruk en ek saam met hulle.  Dit ís ‘n mooi foontjie en kort voor lank wys die jeugdiges entoesiasties vir my hoe ek op die Internet kan rondrits en na my eie musiek kan luister en foto’s kan kyk, alles so tussen die oproepe deur.

Ek was nog altyd van mening dat veral ons werkende Baby Boomers, – dié wat in die vyftigs en sestigs gebore is – die gelukkigste generasie is. Ons het fantastiese veranderings in ons leeftyd gesien, veral wat die tegnologie betref; ons leer deurentyd nuwe vaardighede aan. Die Internet help byvoorbeeld nuwe neurale verbindings tussen ons breinselle vorm en hou ons jonk; ons laai self…

View original post 768 more words

Advertisements