Sleutelwoorde

,

Wie van julle ken Philadelphia? Baie dae, as die  MaanMense moeg gewerk is, vat ons die pad en verken die omgewing. Een goeie dag het ons gewonder hoe dit lyk by Philadelpia, toe vat ons die pad, via Franschhoek.

Vandag dink ek aan daardie dag, toe ek my klippe daar gekoop het.

Daar is soveel skoonheid in ons omgewing, ek wens ek kon dit in ‘n foto vasvang. Die dag was een van daardie dae wat alles net oorweldigend was. ‘n Helder dag, met blouste blou lug, wit-wit wolke en herfs net waar jy kyk. Met groen grassies wat uitslaan na die onlangse reën. Al die kleure, al die seisoene!

Ons het ietsie genuttig in Philadelpia, waar die baas van die plaas ons ingewag het.

Daar is oud…

en dan is daar beloftes van meer…

Daar het my hand onwillekeurig by Magic Minerals om ‘n paar klippies gesluit wat ek móés hê. Sommer net. Een was ‘n klip wat in die veld maar net ‘n klip is, maar kyk net wat skuil binne!

Die ander een is ‘n Labradorite en ‘n Amazonite. Sommer net tussen al die klippe het ek instinktief hierdie twee gekies. En hoekom? Toe ek nadat ek my keuses gemaak het die betekenis van die Seer stone in ‘n boek wou opsoek, kon ek weer nie ‘n ding sien nie. (Sukkel maar bietjie deesdae) Vra ek so ewe moedeloos vir die vrou daar – Het julle nie ‘n klip om SIG te verbeter nie? Sy het ontkennend geantwoord, maar toe ek die betekenis van my klippe wat ek gekies het sien, het ek lekker gelag oor die synchronicity.

Labradorite: Labradorite has been used in treating mental disorders, and to enhance the various body functions like digestion, metabolism, and eyesight. It is believed the flaming color display of labradorite assists with eyesight problems.

Amazonite: Amazonite assists in manifesting universal love.  It protects against electromagnetic pollution and absorbs microwaves. (Ek het juis die vorige aand gelê en skape tel oor die wenslikheid om in die nag te lê en lees op my Kindle, vandaar iets te Share op Facebook, en dan op my Blackberry te speel)

En  nee, moenie nou dink ons het ‘n lekker lewe om so te rits nie, toe julle naweek of vakansie gehou het, het ons gewerk.

Advertisements