Sleutelwoorde

Kyk my mooiste antieke silwerlepeltjie wat ek present gekry het uit Engeland! Dis net myne. Dit is groter as ‘n teelepel maar kleiner as ‘n desertlepel. Volgens die merke, HA EA FA is dit gemaak deur die Atkin broers. Ek eet elke dag my pap met hom. En as ek nou roomys in die huis gehad het, sou ek nou ‘n bakkie roomys met my lepeltjie eet…

Die Atkins broers, Harry, Edward en Frank het ‘n besigheid by hulle pa Henry geërf in 1852. Op daardie stadium was hulle ontwerpers, vervaardigers en verskaffers van lepels, maar die broers het gou ‘n winkel in London oopgemaak. Gou-gou het hulle behalwe lepels ook ‘n groot verskeidenheid ander items gemaak bv. Teepotte, fotorame ens. Hulle was bekend vir hulle mooi traditionele ontwerpe en ook hulle kwaliteit silwer en E.P.N.S. (electro plated nickel silver ) produkte.

‘n Stukkie geskiedenis, elke dag in my mond. Myne.

http://dailypost.wordpress.com/2012/10/01/weekly-photo-challenge-mine/

Advertisements