Welkom aan die nuwe klomp bloggers wat van LitNet af oorgeskuif het. Ek weet dis ‘n groot stap, het immers self lank my skoene onder die LitNet bed gehad.

Moet julle asseblief nie laat intimideer deur die WordPress platform wat aanvanklik vreemd is nie, dit is eintlik baie logies en kragtig, en as jy eers gewoond is, baie maklik om te gebruik.

Een of twee dingetjies wat jou lewe baie makliker hier kan maak:
* Streng gesig en hande op die heupe *
(Ou WordPress bloggers neem asseblief ook kennis)

  • Dieselfe ‘reëls’ geld maar hier as by enige plek. Bring jou kant, wees nice en jy sal gou tuis voel.
  • Baie mense gebruik nie RSS of ander feeds nie. Een manier wat dit baie makliker vir ander maak om jou blog in die hande te kry om te lees, is die widget sodat mense per e-pos ingelig word as jy nuwe inskrywings maak. Kyk in jou Dashboard by Appearace, Widgets, Follow blog. Sleep dit met jou muis na regs waar jou ander Widgets is. Verskillende Themes het natuurlik verskillende Widgets.
  • Maak vir jou ‘n skakel, of boekmerk http://af.wordpress.com/

Nou ja, lekker blog! Dis goed om bietjie uit jou groewe geskud te kom. Ou groewe lê gans te lekker… Kyk wat is vandag in my Inbox:

On this day of your life, dear friend, I believe God wants you to know that life begins at the end of your comfort zone.

You won’t find glory at the center of safety, but at its edge. You won’t find love at a place where you are covered, but in the space where you are naked.

You gotta take some risks. You have to not only pick up the dice, but roll ’em. So go ahead, take the gamble.

You have nothing to lose except the chance to win. Life is not long enough to spend it on the sidelines. And you will not have to think but a second to know exactly why you received this message today.

(Neale Donald Walsch)

Hou lekker naweek! (En vertel asseblief jou vriende ook van hierdie funksie)

Advertisements