Sleutelwoorde

Soms agtervolg iets jou mos as dit reg is vir jou, vir nou. In Mei in Las Vegas kon ons kies tussen ‘n uitstalling: Bodies – The Exhibition, of ‘n uitstalling van die Titanic artefakte. Ons het die Titanic gekies, en my dogter die Bodies. Beide van ons het ons uitstallings vreeslik geniet, en ek was agterna spyt dat ek nie beide gedoen het nie.

En hier kom Body Worlds toe Suid-Afrika toe! Gister het die MaanMense die pad Kaapstad toe gevat en gaan kyk. ’n Gestroopte, vellose lyk wat met gestrekte spiere basketbal “speel”. ’n Ander wat kop agteroor saxofoon speel… Twee mense wat seks het. Dít is van die items in die uitstalling van dr Gunter von Hagens se Body Worlds.

Dit is nie so grillerig as wat dit klink nie. Dit is vreeslik interessant om te sien hoe lyk al mens se senuwees, en die rugmurg lyk so snaaks plat besigheid , heelwat breër as wat ek gedink het. Van die snaakste was die ouens se foefenjollies, wat vreemd lyk sonder die omliggende weefsel. Sê aaaah vir oom dokter!

Een ding weet ek. Aan ‘n sigaret raak ek nooit-ooit weer in my lewe nie, al rook ek nou al vir jare nie meer nie. Never ever, never. Daardie stelle pikswart longe, en die ‘smokers leg’ sal enige roker summier laat ophou. ‘n Mens se aartjies is meer en fyner as wat ek besef het. Dit is heeltemal anders as die plastiekpoppe met organe van Anatomie 1. ‘n Prent is nou maar net nie werklik nie. Verder is ek so geïnspireerd om nou gesonder te eet, ek het vir vanaand ‘n groot bak knarsslaai gemaak, en ek gaan elke dag ten minste 2x ‘n bakkie vol daarvan eet. Kap fyn: 1 elk Green pepper, red pepper, ui, appel, kwart koolkop en ‘n handvol sultanas. Daaroor bietjie lekker mayonaise. En elke dag my glas green juice.

Verder – ek het mos die pyn wat nie ‘n plek het nie. Twee dokters reken my mos, daar sit niks wat kan pyn nie. Nou ja, my plek is toe mooi my milt. Dis my milt wat so dofweg pyn.

“This exhibition is all about the cycle of life, from the spark of conception, to the development of a mature body, and it goes through to elderly people.”

Von Hagens, ’n Duitser, het al in 1977 die proses plastinasie uitgevind om liggame vir mediese opleiding te bewaar. Die liggaamsvloeistowwe en vet word met vloeibare plastiek vervang en verhard. Die lyke word dan in verskillende posisies geplaas en verder verhard met gas, hitte of lig.

Die uitstalling in Kaapstad bestaan uit sowat 160 plastinasies, waarvan 18 volledige liggame is. Kapenaars, maak ‘n plan!

Die beste is, die meisietjie het nie vrae gevra nie, en twee Pensioners gelui! En nee, ek voel nie geaffronteerd nie!

Advertisements