Sleutelwoorde

, , ,

Snaaks hoe kleintjies oor ouderdom dink. Ek moet gewoonlik eers uitwerk hoe oud ek is as iemand vra, hoewel ek weet dis so middel vyftigs rond. Kiara krulkop kleinkind reken nou die dag sy mag nie met pappa se game speel nie, want sy is nog nie eers vyf en ‘n half nie… Eers as sy ses is mag sy. Tref dit my toe, ek sal moet gewoond raak aan die gedagte dat ek nou nader aan 60 as aan 50 is… Snaakse gedagte, waarop ek toe nou nie wil kondentreer nie

Ouderdom het wel sy voordele: Gratis bankdienste, afslag by baie plekke. Net voorverlede week is ons as pensionarisse teen afslag in by die Body Worlds uitstalling.

Maar die beste, beste deel van ouer word is die terugkyk. Jykan jou foute sien, en dit nie weer maak nie. Jy is rustiger, want jou gedrag word nie meer gemotiveer deur ander se verwagtinge nie. Jy kan ook NEE sê. Maklik ook. Jy weet wat motiveer mense, jy kan kyk na hulle gedrag en saggies jou kop skud. Want jy weet elke ou moet sy eie paadjie stap. En self verantwoording doen vir sy eie dade, en leef met homself, sy gedagtes en sy dade.

Madeline L’Engle het tereg gesê: The great thing about getting older is that you don’t lose all the other ages you’ve been.

Maar hoe oud wil mens nou word? ‘n Dokter het een dag vir my ma gevra toe sy geskok is oor ‘n diagnose: Maar tannie, waaraan wil jy dan eendag doodgaan? Met alle respek en deernis aan Mnr Mandela. Ek verstaan nie dat mense iemand van sy ouderdom wil terugbid nie. Laat hom gaan, met die waardigheid wat sy lewe gekenmerk het.

Hoeveel lewensdrif en kwaliteit van lewe sien jy in hierdie 127-jarige? Dit is tog nie wat jy iemand gun as jy aanhou om iemand terug die lewe in te bid nie?

Luo Meizhen lives with her only son in Bama, in China’s Guangxi province She claims to have been born on July 9, 1885

Rus. Gaan. As dit jou tyd is. Liefde en vrede.

 

Advertisements