Daar was soveel keer in die verlede gespot oor 2012, en meer spesifiek 21 Desember 2012. Sommiges vrees dit, sommiges maak gereed, maar meeste mense beskou dit as net nog ‘n dag. Ek het vir die eerste keer in Graham Hancock se Fingerprint of the Gods daarvan gelees.

En nou is dit hier. Op National Geographic (3 days left), word die dae die afgelope ruk afgetel. Daar is programme soos Doomsday preppers, en mense maak grappies daaroor op Facebook.

Die afgelope jaar of twee het die wêreld soos ons hom ken bietjie anders verloop. Daar was meer moord en doodslag en oorloë en vreemde siektes. Die natuur maak soos hy wil, met verwoestende aardbewings, brande en ander ekstreme natuurverskynsels. Diere verander hulle gedragspatrone.

Daar is baie teorieë oor 21 Desember 2012, van planete soos Niburu wat met die aarde gaan bots, Yellowstone wat gaan uitbars, aardbewings en vele meer. Die realiteit is – Die verskriklikste dinge gebeur met mense om my, dis asof almal se lewens in hoogste vernelling gebeur. Asof almal se doel op aarde nou uitgeleef word. Dit voel amper, as iets met jou moet gebeur, gebeur dit nóú. Voel dit of tyd vinniger gebeur? Kom Kersfees elke jaar ‘n rapsie gouer?

So ‘n jaar of twee gelede het ek begin dink oor 2012, en tot die slotsom gekom dat dit ‘n keerpunt gaan wees vir die wêreld, dat al die haat en woestheid en gruwelikheid gaan omkeer, en dat mense uit liefde gaan begin leef. Mense se harte gaan oopgaan vir mekaar, en liefde en vrede gaan die skaal swaarder laat tip. Haat en woesterny en oorlog en misdaad en bloedvergieting gaan toenemend minder word.

En wat kry ek vandag in my Inbox, nav die verskriklike tragedie by Sandy Hook in Connecticut?

To consider this as a singular horrifying event is to miss the purpose of all those who agreed to be involved—the shooter, the little children and the adults who died, their families, the entire community.

Their soul level agreement to participate in their respective roles was for the higher good of all humankind, and the participants who are in Nirvana are rejoicing about the agreement’s success. The massacre’s profound message, now ingrained in the collective consciousness, is that the human heart and mind no longer can be inured to killing, killing, killing, no longer is humankind willing to endure it! The shock and grief in Newtown, Connecticut, shook the world and unified people in an outpouring of prayer for everyone affected by the tragedy.

For many years the abhorrence of similar inexplicable acts of violence has been registering with increasing strength in the collective consciousness. A powerful occurrence—the shooting of those youngsters in school—was needed to solidify the collective desire into the intention to end senseless killings everywhere. And the intensity of high vibrations that are affecting everyone in your world is expanding that intention to include all preventable deaths—international wars, genocide, “legal” execution, and starvation and disease in the impoverished populace.

Your extraterrestrial helpers are permitted to beam light to all souls on Earth, which increases conscious and spiritual awareness of those who are receptive, but they cannot intervene in situations that are within your ability to change if you so desire. You have the ability and desire to prevent deaths due to those aforementioned causes. Now that there also is the collective intention to do so, you shall see killing and life-taking deprivation coming to an end and peacefulness and abundance worldwide coming to fruition.
We and all other light beings throughout this universe are adding love-light to yours to help comfort all whose hearts are broken, not only in Newtown, but everywhere on Earth where families are grieving for loved ones who have been killed.

(Suzanne Ward)

Love is the key to healing your whole world. 

Nog selde in die geskiedenis, was daar vir ‘n enkele insident soveel boodskappe van liefde, vrede en meegevoel uitgestuur, globaal. Kerkleiers van elke moontlike denominasie het die begrafnisdiens van die kinders bygewoon, sowel as President Obama. Hoeveel insidente het ‘n wêreldleier se hart so geraak, dat hy trane stort op internasionale televisie?

Mag hierdie werklik ‘n draaipunt wees. Dat die dood van daardie kinders nie tevergeefs was nie, maar vir die Highest Good van die res van die mensdom.

Vrede op aarde, en in die mense ‘n welbehae …

Advertisements