http://kleinmondselfcatering.co.za/ - Waar jy bekostigbare akkommodasie kan kry, lekker naby die see.

http://kleinmondselfcatering.co.za/ – Waar jy bekostigbare akkommodasie kan kry, lekker naby die see.

Vir baie mense is ʼn gastehuis-by-die-see ʼn baie romantiese prentjie, maar die realiteit is ook beddegoed wat skoon en droog moet kom, toilette en storte wat geskrop moet word.

Agt jaar gelede het ons ons selfsorgeenhede by Kleinmond begin bedryf. Ons het begin met die persepsies van wat ons gehoor en gelees het, en die realiteit het ons aangenaam verras.

  • 90% van mense is skoner as wat ons gedink het, en laat die plek skoon en netjies
  • 90% van mense is meer bedagsaam as wat ons gedink het
  • 90% van mense is bedagsaam met inkom- en uitgaantye
  • 90% van mense lawaai minder as wat ons gedink het
  • 90% van mense dra nie ons plastiekbakke weg nie.
  • 100% van mense dra nie jou handdoeke weg nie! Nie een handdoek is 8 jaar weg nie.
  • Okei 90% van mense vee nie hulle fiietswiele en skoene skoon met ons handdoeke nie

So ja, gruwelike gastehuisverhale bestaan, maar die grootste deel van die mensdom is Goeie Gaste! Dankie julle!

Net ‘n paar dingetjies:

Ek weet julle gaan rondry en strand toe gaan en alles, maar dit kos nie minder as jy my probeer vertel jy soek net-‘n-bed nie. Dat jy die hele tyd eintlik weg gaan wees nie. Net ‘n ou lêplekkie, en miskien ‘n gaatjie wat jy ‘n ou koffietjie kan maak, en dalk ‘n ou braaiplekkie waar jy ‘n vleisie kan braai… Die verkleinwoordjies maak nie die prys minder nie…

No pets beteken NO pets… Ek weet jou hond is by jou huis goedgemanierd en alles, maar vir ons beteken No pets NO pets…

As ons nie beskikbaarheid het nie, kan ek regtig nie. Nee, ek kan regtig nie ‘n plan maak nie. Nie eers net vir een nag nie. Nie eers net een kamer nie. Vol is vol!

Dankie vir die 90% gaste! Julle maak ons lewe die moeite werd!

(Ian Wessels gesels op RSG oor gastehuisstories, en ek het hierdie vir hom gestuur. Maar ek vermoed hy soek horror stories) O daar lees hy my brief nou.

Advertisements