Michelle Linnert skryf so mooi in gister se Burger in haar rubriek ‘n brief aan haar ma. Dat haar ma moet hoor. Hóór wat in die land aangaan.

Sy het alles so mooi raak beskryf, hoe dit tans in ons mooie land gaan. Dit het my so laat dink aan my ma, en hoe graag ek by haar sou wou kla, dat sy my aanhoor. Al my probleme en my pyne, en sommer die van die wêreld ook… Maar nou sit sy as bejaarde en ek as middeljarige en ek vind dat ek haar aanhoor. Ma moet tog net nie ontstel word nie, sê ons susters, en hou dinge dan weg van haar wat ons dink haar dalk mag ontstel. Dit gebeur dan ongelukkig ook soms dat ons vergeet om dinge met haar te deel wat sy graag sou wou hoor.

Circa '92Nou is dit so dat die jonger generasies geleer is om hulle gevoelens te deel, en oor hulle probleme te praat. So is dit dan ook dat ek  my kinders in hulle laat dertigs aanhoor. Of eerder, aangehoor hét. Want nou vang ek hulle dat hulle dinge van my weghou wat my dalk mag ontstel…

So. Heeltemal tong-in-die-kies, wie wil MY dan hoor? (Die liewe MaanMan tel nie, hy hoor niks!

Advertisements