Sleutelwoorde

, , , ,

In die Februarie uitgawe van die Rooi Rose het ek geleentheid gehad om te sê wat ek van romantiese gebare dink:

Vraag 1: Wat is die romantiesste ding wat ‘n geliefde al vir jou gedoen het? Hoe belangrik is romanse in ‘n verhouding? Hoeveel tyd en geld moet ‘n paartjie hieraan spandeer?

Self is ek seker die mins romantiese mens wat ek ken, daarom doen geliefdes ook nie juis tradisionele romantiese dinge vir my nie. Persoonlik lyk sulke ‘romantiese’ gebare wat self-help boeke en tydskrifartikels voorstel, vir my na iets om te bewys, so bietjie aangeplak, as dit nie vanself en uit die hart kom nie. Maar ek waardeer diep uit my hart die rooibostee wat my man elke oggend vir my in die bed bring, en die bedagsaamheid om bietjie ekstra heuning in te roer as my keel seer is – dit vind ek romanties. Die stilstaan as ons stap, om vir my ʼn foto-oomblik uit te wys. Bedagsaamheid is vir my die definisie van romanse. Ken my hart, en wys dit. Spandeer baie tyd daaraan, en geen geld nie.

(Vir hierdie paar woorde het ek (as lid van hulle Lesersforum) die mooiste Laura Hedgren handsak gekry! Baie dankie, Rooi Rose!)

My punt is, more verwag ek absoluut niks, maar vandag het ek die heerlikste drie-gangete gekry, by een van Hermanus se top restaurante – La Pentola – waar ons oor die see uitgekyk het. Dit is afgesluit met komplimentêre ‘melktertjies’, en saam met die rekening het daar, pleks van twee taai peperminte, 2 lepeltjies met die lekkerste tuisgemaakte roomys gekom. En die rekening? Minder as by die meeste plekke, want die eienaar en sjef, Shane Sauvage, gee mos ‘pensioner’s specials’ in die week.

La Pentola – Hermanus (Foto: http://hermanus.lapentola.co.za/)

Die feit bly. Wat ook al die geskiedenis, en hoe kommersieel dit mag wees, liefde in enige vorm bly lekker. Elke dag. Deel dit uit. Maar dink ook aan jouself, wees heel eerste lief vir jouself, en doen ietsie lekkers, net vir jou.

Mag Cupid en Psyche ook deel wees van JOU dag more.

Psyche Revived by Cupid’s Kiss (Foto: Trisa Hugo in die Louvre, Parys)

Antonio Canova’s statue Psyche Revived by Cupid’s Kiss, first commissioned in 1787, exemplifies the Neoclassical devotion to love and emotion. It represents the god Cupid in the height of love and tenderness, immediately after awakening the lifeless Psyche with a kiss, a scene excerpted from Lucius Apuleius’ The Golden Ass.

Advertisements