Sleutelwoorde

Net so, sommer uit die bloute, stop ‘n vriendin van Kaapstad voor my deur en hardloop in op soek na iets wat help vir kramp-in-die-voet. Sy is haastig, wil nie sit nie, sy het mense in die kar. Ewe terloops sê sy, kom groet gou vir Anne. Anne? vra ek…

Anne is toe Anne Jones, ‘n skrywer en healer, iemand wie se nuusbriewe ek kry, en wat wêreldwyd hoog aangeslaan word in haar veld van Healing. Sy is op die oomblik in Suid-Afrika om ‘n reeks seminare aan te bied, en jy kon my met ‘n veer omtik toe hierdie vrou so onaangekondig hier op my voorstoep beland.

Nietemin, nadat ek my “priviledges” geprewel het, sê ek toe vir haar hoe dankbaar ek is dat sy juis nou in ons land is, en juis vandag het ons haar healing só nodig. Oral was mense met wie ek gepraat het, stomgeslaan oor nóg ‘n tragedie, nog ‘n slagting. Anne en vriendin het heeldag rondgery en was glad nie bewus van die drama rondom Oscar Pretorius nie. Ek onderspeel toe eers met ‘bekende sportman’, maar toe sy hoor Oscar, vra sy met haar swaar Britse aksent: “Blade runner? The guy who kicked up a fuss at the Olympics when he lost to the other guy?”

Net daar kry ek toe in 5 minute meer insig in die wêreld soos hy hom nou aan ons voordoen, gewelddadig, bloeddeurdrenk. Nou gaan ek probeer om te verwoord wat sy so mooi gestel het. (Hoe meer ek dink, hoe minder onthou ek) Dat die rede vir hierdie dinge is dat ons moet leer om die gevoelens te hanteer rondom die dinge wat gebeur. Dat ons die illusies wat ons opbou rondom sg celebrities, moet afbreek, en dat hierdie dinge gebeur omdat die mensdom demi-gods skep. Sporthelde en akteurs wat op pedestals geplaas word, gaan toenemend aftuimel, totdat die mensdom leer to operate from the heart, om skanse af te breek. Clear illusions wat ons self geskep het.

Die tragedie van die meisie op die bus in India, Anene Booysen, dit is dinge wat gebeur om ons te leer wat die gevoelens is wat werklik in ons harte is. Hierdie dinge gebeur al oor die eeue, maar word onder die mat ingevee.

Nee. Ek babbel nou. Ek kan nie eers begin om oor te dra wat Anne Jones in hierdie paar minute met my gedeel het nie. Maar ek kan dit voel in my hart. Ek voel wat sy gesê het. Ek hoop net ek kan dit in my kop en my hart en my siel orden, sodat ek dit kan oordra. Want dit was ‘n baie kragtige boodskap, wat kan lei dat ons uiteindelik ons eie harte kan verstaan, en uit ons harte operate, nie uit ego nie.

I hope you are not too hot, too wet or too cold. Everywhere we look countries are experiencing extreme weather. This is, of course, symptomatic of any form of crisis and I believe the world is going through a crisis, a healing crisis. Polarity has to be dissolved if we are to expand and grow. The separation and sense of disconnection that we experience in the world today between countries, cultures, family members and ultimately within ourselves is at its most extreme and will therefore be about to change. This is the time of the turning point in the full circle that we are travelling, as Greg Braden describes it the tipping point. So you may be experiencing extremes; highs and lows, extremely happy and content one minute then despondent and miserable the next; a sense of fulfilment followed by a sense of desolation and failure.

This will soon change and the re-connection will begin. (Anne Jones)

En ons eie Amos van der Merwe:

But mostly I feel sorry for us because we keep on putting people on the pedestals to make them more than they actually are. We elevate them to fame and then stamp them to trash. And that, my friend, points a very dirty finger at us..” (Rolbos)

Advertisements