Wasgoeddrade of wasgoedlyne? Ek twyfel elke keer.

Nietemin het die liewe Toortsie dit goedgedink om haar liggie op my te laat skyn, en moet ek oor myne skryf. Ek gaan dit maar kort hou, want hoewel ek ‘n waggoeddraad het, gebruik ek dit nie juis nie. Die rede? Die seelug verbleik alles wat in die son kom, wasgoed brand so wit streep bo-op, waar dit om die draad vou.

My wasgoeddraad - Push to start

My wasgoeddraad – Push to start

En dan is dit ook bloot te veel werk, as ek 7 beddens (Gastehuis) se beddegoed moet was en stryk na ‘n naweek, maak dit eenvoudig sin om alles deur die droër te sit, netjies op te vou, dan is die strykwerk soveel makliker. My eie wasgoed was ek byna elke dag sodat dit nie ophoop nie, en alles (insluitend handdoeke) word ‘n rukkie in die droër gegooi, en dan op die clothes horse. Katoenklere en handdoeke word die volgende dag weer ‘n rukkie in die droër gegooi, voordat dit opgevou en weggesit word. Daar gaan regtig nie ‘n dag om wat ek nie iéts doen met wasgoed nie. So julle sal verstaan as ek dit doen op die mees produktiewe manier moontlik.

Ja, natuurlik gebruik dit baie elektrisiteit, maar ek sien dit bloot as besigheidsuitgawes, oorhoofse uitgawes. En Ja, MaanMan het eenmaal gekla daaroor, en ek het saamgestem: “Natuurlik gebruik die bedryf en instandhouding van ‘n besigheid baie elektrisiteit! Dink aan die wasgoed in die droër, die elektriese bore,  saag en angle grinder en alles. Ons kan altyd wasgoed ophang, handsae, handbore en so skuurpapier gebruik …” Laaste klagte.

Maar verskoon dat ek net kortliks skryf, ek het wasgoed om op te vou… En ja, ek kry baie plesier uit die eenvoudigste takies, soos om die stapeltjie kussingslope of handdoeke te sien groei…

Zen Proverb – Before enlightenment; chop wood, carry water. After enlightenment; chop wood, carry water.

(Lees my blog daaroor HIER)

Ek weet onse Son hang douvoordag wasgoed op die draad. Bewys dit!

Advertisements