My hart rou. My hart rou saam vir die wêreld vandag. Maar terselfdertyd vier ek die Lewe. Ek glo aan die miljoene mense wat inherent goed is, en ek gaan nie konsentreer op die verskrikking van die baie klein persentasie mense wat onnoembare dade gepleeg het nie.

Hoeveel keer het jy nie al gehoor: You attract what you fear. Ek wil verder gaan en sê: Jy trek aan dit waarop jy konsentreer. Dan ook is daar ook die konsep van sinergie. Breek een vuurhoutjie tussen jou vingers. Maklik, nè? Maar houvas 10 vuurhoutjies bymekaar, en dis nie meer so maklik nie. (Okei, met vandag se vuurhoutjies is dit dalk moontlik…) Die punt is, hoe meer mense konsentreer op iets, hoe kragtiger word die energie.

Ek wil vandag eerder op Liefde en Vrede konsentreer. Op mense wat inherent goed is. Dankie dat julle verstaan dat ek nie Swart Vrydag vier nie. Ek vier die LEWE, met baie deernis en liefde in my hart vir almal wat seer is en swaarkry. Vrede op aarde en in die mense ‘n welbehae…

Hierdie was op my Facebook vandag: Oranje is die nuwe swart

Advertisements