Toe ek ‘n kind was, was was die pastoriemoeder MEVROU en ’n onderwyser was MENEER. In hoofletters. Hulle het nie noemname gehad nie. Enersyds klink dit simpel, maar ons as kinders het hulle gerespekteer. Respek is nie meer iets wat kinders geleer word nie, die ouers is nou van mening dat respek ‘verdien’ moet word. Maar hoe verdien jy respek?

Everyone should be respected as an individual, but no one idolized. 
Albert Einstein

When you are content to be simply yourself and don’t compare or compete, everybody will respect you.
Lao Tzu

In vandag se samelewing, word beroemde mense, akteurs, modelle en sportsterre as afgode uitgebeeld. Beelde skep die illusie dat iemand, ‘n blote mens, meer is  as wat hulle werklik is. Hulle word voorgehou as sterre, mense waarna ons moet opkyk, en streef om soos hulle te wees.

Ons moet onthou dat hierdie individue gebore is met dieselfde basiese menslike strukture, dieselfde begeertes,  en behoeftes as ons. Hierdie “sterre” het daarin geslaag om hul weg te vind na die top, op watter wyse oo kal hulle dit bereik het, sommige op ‘n meer verantwoordelike wyse as ander. Ons is almal dieselfde geestelike wesens in ‘n fisiese liggaam. Sommige individue is net meer bevoorreg en met meer talente gebore  as ander, maar elke mens het die potensiaal vir grootheid. Op sy eie unieke manier.

Lief Jouself Wees lief vir jouself, doen wat jou gelukkig maak, maar nooit ten koste van ander persone se nadeel, en nooit vir die verkeerde redes met die verkeerde bedoelings nie. Moenie selfsugtig wees nie. Plaas jouself eerste, maar probeer om ander te help wanneer jy kan. Help om die samelewing te verbeter deur die verbetering van jouself as ‘n individu. Deur jouself lief te hê.

“The truest form of love is how you behave toward someone, not how you feel about them.”
― Steve Hall

Advertisements