Mense eet dit. Ons het darem nog net een van die drie nommertjies te ete gehad.

C. Louis Leipoldt se unieke kookboek vir die fynproewer is onlangs heruitgegee, waarin ‘vreemde’ disse beskryf word. Tog is dinge  soos  pikkewyneierstruif, gevulde flaminkbors, duiwekerrie, gestoofde veldskilpad, gebraaide likkewaan as fynproewersdisse geëet…

Dit val ons so vreemd op die oor soos die dinge wat my sus onlangs in Thailand teëgekom het, en tog was hierdie in ons eie land, ‘n paar dekades gelede.

Lees die volledige artikel daaroor in ‘n ou By.

Ek is dankbaar dat hierdie delikatessies nie by ons te koop aangebied word nie… (Hierdie stalletjie se advertensie vir vlermuis was glo misleidend, al wat hulle gehad het, was gebraaide rot. By die syfabriek word niks vermors nie, en die ander een was hulle te bang om te vra.

   

 

Skielik lyk die skaaptongetjies wat ons daardie aand saam met die skulpkossies gehad het nie meer vir my so vreemd nie! Die alikruk homself laat sommige mense sidder, en die oesters is ook nie elke mens se koppie tee nie.

Ek probeer die hele tyd net onthou, dis verskillende kulture en verskillende persepsies. Wat vir een ou kos is, is vir ‘n ander ‘n fynproewersdis. En vir my maak dit dalk naar.  Dis maar soos klere en dinge. To each his own.

En vanaand het ons prawns gehad, en calamari. As jy mooi dink, is dit ook maar nie juis ‘n aardige kalant nie…

To each his own.
(Suum Cuique)
Cicero
Roman author, orator, & politician (106 BC – 43 BC)

Advertisements