Waarom bly een kortverhaal van ‘n skrywer vassteek in die kollektiewe geheue van mense? Wie van ons ken nie ‘n Bruidsbed vir tant Nonnie nie? Tog het Hennie Aucamp vele bundels kortverhale geskryf.

Waarom is een liedjie van ‘n kunstenaar ‘n wegholtreffer, en al sy ander half onsigbaar op ‘n CD? Selfs mense wat nie van Steve Hofmeyr hou nie, weet van Pampoen.

So word  daar ook dikwels ‘n rol aan ‘n akteur gekoppel wat hulle moeilik afskud. Paula, Worsie, noem maar op.

Net so het ek op die ingewing van die oomblik ‘n karaktertjie in my geestesoog ‘gesien’ en haar dadelik geteken, en soos die gedagtes hulleself aangemeld het, geteken en opgesit. ‘n Klompie mense het geskryf en gesê hoe hulle haar geniet, sy het ‘n klompie Likes op Facebook gekry, en selfs ‘n Share of drie. En toe vat enetjie die pad, en mense Like haar. Hulle Like haar blykbaar baie, want sy het al 122 Shares gekry. Wat is daar aan haar en haar liggie wat die ander nie het nie? Dogtertjie is darem nie fyngevoelig nie, want sy het nog nie ‘n naam nie, en as jy nie ‘n naam het nie, kan jou ego nog nie oorheers nie. Miskien moet julle help om haar ‘n naam te gee…

Lief Jouself copy Lewe copyRegtig copyKers2 copy

Advertisements