Tears are words that need to be written ~ Dit is wat Paulo Coelho sê. Maar soms moet mens seker eers bietjie huil voordat jy die woorde kan vind?

Hartseer is ‘n snaakse ding. Dis goed om soms hartseer te voel as die situasie dit vereis, trane is helend en was die siel en hart skoon.

En hoe skryf jy iets as jy nie die woorde kan formuleer nie? As jy nie weet wat presies jou hartseer maak en waaroor jy huil nie? Oor onseker goed wat moontlik glad nie gaan gebeur nie? Dis mos half dom, maar dit verhoed nie dat mens soms hartseer voel nie. Solank die hartseer net nie omsit in ongelukkigheid nie, want dit verteer jouself en jy maak jouself dalk siek, sonder dat jy iets kan doen aan die situasie wat jou in die eerste plek hartseer gemaak het.

Soms huil mens ook mos sommer van die skok van blydskap! Waar die hart van vol is, loop die oë van oor …

Ons het twee tannies gehad in ons kindertyd, wat altyd vertel het hoe hulle hulleself nou vir ‘n slag Dik Gehuil het, maar hulle het nooit ongelukkig gelyk as hulle dit vertel nie. Beide het rede vir hartseer gehad, beide het klein kindertjies begrawe. As kind kon ek nooit regtig die verskil tussen huil, hartseer en ongelukkigheid verstaan nie, maar nou het ek meer begrip.

A good cry can be wonderful sometimes, and sadness is nothing more than love announced. Sadness and Unhappiness are not the same thing, and it is good to remember that. 

So if you’re sad … be glad. It says something about you.

(Neale Donald Walsch)

Advertisements