Sleutelwoorde

, , , ,

Escape…  Alcatraz or Robben Island? Take your pick! I’ve been fortunate enough to have seen both, and on the same day I’ve been on Robben Island, I shook Madiba’s hand!

Alcatraz soos gesien vanuit die Coit toring

Alcatraz soos gesien vanuit die Coit toring – Famous San Francisco fog!

Iewers is Oktober 1996 het ek die voorreg gehad om Mnr Nelson Mandela se hand te skud. Hy het by dieselfde hotel geëet waar ons gebly het, en sy sekuriteit was verspot maklik om deur te dring. Ek het ure in die voorportaal gewag dat hy verbykom, net om dálk ‘n glimps van sy agterkop te sien. En toe uiteindelik sy hand geskud het? En hom vertel het hoe ek daardie selfde dag op besoek aan Robbeneiland in die sel kon sit waar hy aangehou is?

En wat het die charming oompie gedoen? Hy het met die grootste liefde in sy gesig, sagtheid in sy oë en ‘n halo om sy kop, sy sekuriteitsmense beduie om te wag, en my hand in albei sy hande vasgevat. En my toe die versekering gegee dat dit vir hom ‘n groot eer is om hier te staan en dat hy amper wens dat hy weer daar kon wees, as dit saam met so ‘mooi, jong’ vrou is. So iets. MaanMan het die foto geneem waar hy al weer op pad uit is (Die blommiehemp)

Ek staan in Die Sel waar Mnr Mandela geslaap het.

‘n MAGIC moment. ‘n MagicMan. Madiba. (En ja ek weet. Die man was ook ‘n terroris wat bomme geplant het. Nooit geweld afgesweer het nie. Bloed van onskuldige mense aan sy hande het. Ek weet. Maar dit was steeds vir my magic)

 

Robbeneiland in die binneplein waar gevangenes oefeninge gedoen het

 

 

MaanMan op Robbeneiland met Tafelberg in die agtergrond

 


http://dailypost.wordpress.com/2013/05/17/photo-challenge-escape/

Advertisements