Sleutelwoorde

, , ,

Ek woon naby Maanschijnbaai, in Bloumond. En my naam is Sue. Altans, dis hoe ek gevoel het toe ek Chanette Paul se eerste boek in die Maanschijnbaai tweeluik, Jo & Sue, gelees het. Die inspirasie vir haar die Maanschijnbaai boeke, het sy gekry in my tuisdorp, Kleinmond. Nou wie sou nou nie nuuskierig wees nie?

Na Jo & Sue moes ek net eenvoudig weet wat van die karakters en daardie kasarm word. En sy stel nie teleur nie! Ek was effe ongesteld vir ‘n rukkie en het allerhande krisisse beleef, en dan is dit mos net die tyd om jou sorge te vergeet en jou kop te skud vir daardie sletspul.

Hierdie keer was Nan & Jeannie die spil waarom dinge draai, maar ek … ag ek bedoel Sue … en Jo se lewens is steeds ineengevleg met dié van die ander twee. Hulle leef volgens die Calitz girls se reës:

Jy maak niemand moedswillig seer nie. Jy kom niemand doelbewus te na nie. Jy gun mense om te wees wat en wie hulle is solank hulle jou nie moedswillig seermaak of te na kom nie. Jy vergewe hulle as hulle dit wel gedoen het en insien dat hulle dirooggemaak het. As hulle dit nie insien nie, sny jy hulle gewoon uit jou lewe. Meet ‘n bietjie jouself, jou familie, jou gemeente daaraan en kyk hoe vaar jou bende. (Nan aan Gideon)

Met sulke girls kan mens mos ‘n pad stap! Daar is ware wysheid wat op vele plekke deurskemer, sonder dat dit soos sedelessies klink. Wat vir my goed was, is dat die karakters ten spyte van hulle tekortkominge, steeds integriteit het en ek kon werklik met iedereen assosieer. Behalwe met Jeannie, sy was erger as my kinders en en wou haar aan haar knopskouertjies vat en wakker skud.

Baie besonders was die inligting oor klippe en kristalle. Self het ek besondere belangstelling daarin soos hier beskryf, en dit was pure plesier om daaroor te lees.

Haweweg Kleinmond

So lyk Haweweg in Kleinmond, die straatjie wat as inspirasie gedien het vir die Maanschinbaai tweeluik. Ek moet bieg ek was bietjie suur dat daar heelwat werklike plekke in ons omgewing genoem is, maar Kleinmond is uitgelaat en die boek speel in Bloumond af… Ek aanvaar egter die skrywer het haar redes.

Lees die boek. Lees beide boeke. 

Jo & Sue

Nan & Jeannie

Advertisements