Sleutelwoorde

, , , ,

Jy wou mos! Ek moet myself hieraan herinner.

Son vra: Vertel ons van die lewe voor hierdie een, en jy kan dit nou figuurlik opneem, soos in voor jy Maankind in hierdie lewe was, of jy kan dit letterlik opneem en vertel van Maankind voor Kleinmond.

Die jare toe MaanMan nog ‘n belangrike man in Johannesburg was, het ons elke hogene geleentheid bygewoon. My kas se een helfte het vol gehang van little, en party nié so little black numbers. Netjiese pakkies het die ander helfte gevul.

Party naweke het ons tot drie verskillende geleenthede moes bywoon, party op kort kennisgewing. Soms was daar ook dinge in die middel van die week aan.

My werksplek by die RGN was gevul met ‘n klomp boheemse sielkundiges en navorsers, en ons kon heerlik ontspanne ons kreatiwiteit uitleef. Daar was nie plek vir pakkies nie…

Die geneuk het natuurlik gekom as MaanMan uit sy werksplek omtrent skuins oor die straat in Braamfontein, ‘n noodoproep maak: “Ons moet saam met die Geneesheer-Generaal en sy vrou Baraghwana toe.” Let op die ons.

“Is reg so,” het ek gesê. “Wanneer?” Ek was mos gewoond hieraan, en het klere gehad vir elke geleentheid.

“Nou.” Ek het afgekyk na my visnetkouse by my Doc Maartens, en in my gedagtes die formidabele vrou van die Geneesheer-Generaal gesien, elke haar op sy plek, elke serpie presies reg gevou.

“Kan ek gou huis toe gaan en gaan aantrek?” het ek gevra. “ Ek sal vinnig wees.”

“Nee, hulle is reeds in die gebou, ons moet oor tien minute ry.” Ek kon die frustrasie in sy stem hoor. Wat is ‘n senior offisier nou sonder ‘n ondersteunende vrou aan sy sy, wat hy liggies aan haar elmboog stuur? Welgekleed en deftig.

Wat kon ek doen? Ek het doodeenvoudig MaanMan se stywe kakebeen geïgnoreer en die toer deur die hospitaal voltooi, met my mini-skirt, fishnets, Doc Maatens en bont serp. Netjies en statig het die prosessie die gange afgestap, kamtig onbewus van die verveelde fotograaf se flits. Maar tog is die skouers meer vierkantig getrek, en die kenne op, gedagtig aan die aand se insetsel op die televisie-nuus.

(Hierdie grepie is ‘n stukkie wat die lewe van MaanKind-voor-Kleinmond versinnebeeld)

* * *

Ek het Son geantwoord: Ek dink nie jy moet vir my ‘n OF gee nie. Wees meer spesifiek, anders kan ek uitdraai.

Tipies Son: Goed – spesifiek. Vertel van albei

Nou die MaanKind se vorige lewe is maklik genoeg. Ek het in April daaroor geskryf, ek herhaal dit hier. Hierdie gaan oor my mees onlangse inkarnasie, maar ek het ook al helder visies gehad oor my lewe as kind in die ABO, ‘n lewe as scullery maid in Engeland, ‘n wasmeisie in die Magdalene Houses, ‘n slaaf in die Kaapse tyd, en dan die heks in die middeleeue. Daar was ook die een met die wit klere, op koel klipvloere, Egipterig.

Nietemin, ingeval jy die storie oor my mees onlanggse inkarnasie gemis het: ‘n Paar jaar gelede het ek ‘n kortverhaal geskryf, gebaseer op ware ervarings en gevoelens.

Sedertdien het ek van tyd tot tyd ‘n visie gehad van die lewe rondom daardie huis. Sommige was net flitse, sommige baie helder. Soos die man wat onder die druiweprieël voor die huis sit. Pottie. ‘n Roostuin agter die huis. ‘n Leivoor voor. Weemoedige klavierspel.

Soms het ek gedroom oor die man Pottie, en die huis. Een baie helder droom was oor £29,000 wat Pottie aan my nagelaat het tydens die Tweede Wêreldoorlog, maar dat dit nooit aan my uitbetaal is nie. Ek weet ook presies hoe het ‘ek’ gelyk. Lank en skraal, effens vooroorgeboë, met vaal reguit geknipte hare. Nie wat jy sou noem ‘n mooi vrou nie. Dienlike skoene en gryserige rokke met ‘n dun beltjie.

Elke keer as ons Swellendam toe gaan ry ons by ‘My Huis’ verby. Gister, op pad huis toe na ‘n paar dae vakansie, was my MaanMan adamant dat ons weer daar moet verbyry, en miskien ingaan. (Op pad na ons vakansie, is ons vroeër die week ook daar verby, en het foto’s geneem van die huis wat nou grys geverf  is.) Ek was al voorheen in, om uit te vra oor die geskiedenis van die plek, maar kon byna niks te wete kom nie. Dit behoort nou aan Die Drostdy, en word gebruik as kantore.

Dis moeilik om te verduidelik hoe die plek my affekteer, maar op ‘n sekere plek in Swellendam kry ek koue rillings, sulke yskoue binnerillings en kan dan skaars praat. Maar by ‘My Huis’, Swellengrebel Straat 18, voel ek naar en lighoofdig. Sonder uitsondering. Toe ons gister weer voor die huis stop, was daar ‘n jong man besig om pos uit te haal, en MaanMan roep hom toe nader. Nou die van julle wat MaanMan ken, sou weet dat dit totaal teen sy aard is. Die ware MaanMan sou in die eerste plek nie weer gestop het nie, ons was immers al hoeveel keer daar. Teen sy aard vra hy toe die jong man of daar iemand is wat weet van die geskiedenis van die huis. Baie vriendelik het die jong man ons ingenooi, en hy en ‘n ewe vriendelike jong vrou het geen moeite ontsien om in hulle biblioteek te gaan soek nie. Hulle het aangebied om fotostate te maak van dit wat hulle het.

Dis toe dat ek dit sien. Alles het swart geword voor my en toe stadig begin draai. Ek was naar van skok. Pottie. Potgieter. Oorlogsjare.

Potgieter

Ek het die meisie bedank so goed ek kon, maar sy kon sien iets vreemd is aan die gang. Sy het my aan die arm gevat en tot by die kar saam met my gestap, waar MaanMan gewag het. Vreemd, daar het ‘n man agterna uitgehardloop gekom, ook met fotostate van die geskiedenis van die huis, asof hy wou seker maak ek kry die inligting.

Ek glo alles gebeur op die regte tyd op die regte plek, en kry kennis van iets wanneer jy gereed is daarvoor. Maar wat maak ek met hierdie kennis? En gevoelens?

Unending Love

I seem to have loved you in numberless forms, numberless times…
In life after life, in age after age, forever.
My spellbound heart has made and remade the necklace of songs,
That you take as a gift, wear round your neck in your many forms,
In life after life, in age after age, forever.

Whenever I hear old chronicles of love, it’s age old pain,
It’s ancient tale of being apart or together.
As I stare on and on into the past, in the end you emerge,
Clad in the light of a pole-star, piercing the darkness of time.
You become an image of what is remembered forever.

You and I have floated here on the stream that brings from the fount.
At the heart of time, love of one for another.
We have played along side millions of lovers,
Shared in the same shy sweetness of meeting,
the distressful tears of farewell,
Old love but in shapes that renew and renew forever.

Today it is heaped at your feet, it has found its end in you
The love of all man’s days both past and forever:
Universal joy, universal sorrow, universal life.
The memories of all loves merging with this one love of ours –
And the songs of every poet past and forever.”
― Rabindranath Tagore, Selected Poems

Advertisements