Sleutelwoorde

, ,

Vra vir jouself, voordat jy ontsteld raak oor iets: Maak dit regtig saak? Régtig saak?

Hierdie sin het dadelik by my opgekom toe Tutti vra: Vertel my hoe jy die ooreenkomste en verskille tussen jou en jou wederhelf ervaar en hanteer. Want ek is nou 44 jaar getroud en soms laat dit my nog steeds lag, en soms laat dit my grom.

'n Vreemde jong vrou het ons op die strand voorgekeer - Sy wou met my kamera 'n foto van ons neem, omdat ons lyftaal haar laat dink het ons is pas getroud of iets.

‘n Vreemde jong vrou het ons op die strand voorgekeer – Sy wou met my kamera ‘n foto van ons neem, omdat ons lyftaal haar laat dink het ons is pas getroud of iets.

Miskien omdat ek ouer is, vies ek my nooit in ‘n stilstuipe in nie. Ek sal dalk die potte bietjie fermer hanteer en vinniger roer aan iets, maar teen die tyd wat ek wegdraai van die stoof, het ek klaar weer gedink aan die 95% van die tyd wat ek nogal erg is oor MaanMan. Ek vind dit regtig mors van energie om te knies oor die 5% wat my dryf na Marie Biscuits met Marmite…

Ons verskil baie. Ons slaapritme verskil. As dit donker word, begin hy gaap, en ek begin met iets interessant. As die dorp nog donker is en almal slaap, draf hy 10 km, terwyl ek nog my laaste droom probeer uitrek. Ek slaap ook 8-9 ure, en hy 6-7. Beide van ons gee toe, hy probeer later wakker bly, en hy bring vir my tee sodra dit lig word. Ek sorg dat ek gebad en in die bed is met sy slaaptyd, en lees dan soetjies tot ek wil slaap.

Ons erken beide ons eie foute. Ek kan lag vir syne. Hy sukkel nog bietjie om te lag vir myne.

Ons stoot ons ego’s eenkant toe. Hoekom moet iemand juis reg wees? Wat maak dit saak wie is reg, en of dit nou Maandag of Dinsdag was?

Ek is geen voetvel nie. As ek van hom verskil, luister ek na sy opinie, oorweeg wat hy sê, en sê dan waarom ek verskil en nie gaan luister na sy voorstel nie.

Vertrou mekaar. Vertrou ook mekaar se oordeel om besluite te neem.

Dis eintlik so maklik. Ag mekaar, respekteer mekaar, ken mekaar se harte. Wees bereid om van mekaar te leer. En bowenal, praat met mekaar. Eerlik en uit die hart uit. Aanvaar mekaar.

Een van die grootste dinge – beide van ons waak oor ons gedagtes. Die oomblik wat ‘n lelike gedagte oor die ander een opkom, keer ons dit, en dink aan die 95%. As mens iets leliks dink van iemand, beteken dit nie die ander persoon is so nie, dis net jou persepsie. Ons glo beide:

Watch your thoughts, they become words.
Watch your words, they become actions.
Watch your actions, they become habits.
Watch your habits, they become your character.
Watch your character, it becomes your destiny.

En sê hierdie stukkie op elke dag van jou lewe:

Dear ego, 
You are hereby given notice that we have a new leader. You are welcome to stay on as a silent partner. I (my Sacred Self) am taking over my life and my career … You will no longer have a voice in any of my decisions. I have no bad feelings towards you, but it is not in my best interest or those in my life to allow you to influence my decisions.
(Uittreksel uit ‘n brief van Shirley Ross Korber aan Dr Wayne W Dyer in sy boek, Wisdom of The Ages.)

PS: O ja, gaan lees asseblief wees die vorige inskrywing oor Integriteit, daar is ‘n baie interessante kinkel in daardie kabel wat vandag onderaan bygevoeg is!

Advertisements