Sleutelwoorde

,

One good thing about music, when it hits you, you feel no pain. (Bob Marley)

Gisteraand het ek dit regtig ervaar. Het jy al ooit in ‘n saal gesit, en die musiek deur jou voel vibreer? Natuurlik ja, dit gebeur mos met die meeste van ons. Maar gisteraand het ek iets magies ervaar, met ‘n klomp kinders se musiek. Stefné van Dyk het ‘n Handevatkonsert gehou, sy is baie aktief in die gemeenskap na haar aftrede as musiekdosent by Stellenbosch Universiteit.

Ek was nie lekker gister nie, was siek en het eintlik met groot wilskrag die konsert bygewoon, omdat ek gedink het die energie van die musiek sal my goed doen. Op ‘n stadium het ek die vibrasie met my vingers op die program gevoel, en myself net oopgemaak daarvoor. Ek het letterlik gevoel hoe dit in my lyf intrek, en gevra dat dit my energieveld sal skoonmaak en energie gee. Aura cleansing. Ek kan nie oorvertel watse verskil dit aan my gemaak het nie! Toe ons terugstap na die konsert (dis net 4 huise ver!) het ek soos ‘n nuwe mens gevoel!

Baie dankie vir Stefné van Dyk en haar ongelooflike energie. Sy het ‘n klomp kinders (met talent wat wissel van gewoon talentvol tot geniaal) geneem en magic gemaak. Marimba magic en nog baie ander soorte magic. Kontrabas, ‘n silwerfluit, viole, kitaar en so ‘n snaakse instrument waarvan ek die naam nie ken nie.

Hier is net ‘n paar foto’s, weliswaar swak kwaliteit, maar ek hoop jy kry die idee.

Hierdie onderste seun regs se musiek het my hart gesteel. Onthou sy naam, Llewellyn Adonis, multi-instrumentalist, julle gaan nog baie van hom hoor.

Hazrat Inayat Khan, Mysticism of Sound
” A person does not hear sound only through the ears; he hears sound through every pore of his body. It permeates the entire being, and according to its particular influence either slows or quickens the rhythm of the blood circulation; it either wakens or soothes the nervous system. It arouses a person to greater passions or it calms him by bringing him peace. According to the sound and its influence a certain effect is produced. Sound becomes visible in the form of radiance. This shows that the same energy which goes into the form of sound before being visible is absorbed by the physical body. In that way the physical body recuperates and becomes charged with new magnetism.”

Advertisements