Sleutelwoorde

,

Onderdanigheid is nou nie juis ‘n eienskap waarvan jy my kan beskuldig nie. Was ook nog nooit. Die drie oujongkêrel-ooms langsaan het my as klein kind, die bynaam Cheeky gegee. Welverdiend ook.

Ons koop normaalweg nie die Sunday Times nie, maar om een of ander rede het ek hierdie een onder oë gehad so twee jaar gelede. In die Times Live, was ‘n baie interessante stuk, The allure of demure wat ek steeds onthou, en die afgelope week het dit my weer bitterbek gehad.

Ons doen mos die besigheidsliga rolbalding, waar klomp mense wat nie weet wat hulle doen nie, balle rol. Met ons eerste oefening was daar hierdie demure dingetjie, wat soos haar alie rol, maar as sy so een uit tien balle naastenby in die regte rigting kry, juig die mans haar in ‘n koor toe. Die res van ons word aangespreek en reggehelp met kwaai fronse as ‘n bal nie die pad volg wat hulle aandui nie.

Mans kan nou maar sê hulle kies ‘n vrou met persoonlikheid, ‘n slim vrou, ‘n sterk vrou. Maar wie maak hulle harte sag, en bring die beskermingsdrang na vore? Ms Demure.

Nou hier in my middeljare dink ek al hoe meer daaraan, Feminisme was ‘n aaklige ding om aan ons geslag te verkoop, dit het bloot gemaak dat ons ‘n raw deal kry. Ons moes alles wees, want ons is gemaak glo dat ons supervroue is. En het ons nie probeer nie… En wie het in elke situasie met die prys (en dikwels ook die bevordering) weggestap? Ms Demure. En wie het die werk gedoen? En waar het dit die sterk vroue gelaat? Ms Demoer (in). ‘n Paar dekades gelede was ons taamlik uitgelewer, jy kon dit aanvaar, of jy kon jou loopbaan net daar kortknip.

Om een of ander rede is ek nie die soort vrou wat getroetel word, of voor gesorg word nie. Ek sorg. Ek neem mede-verantwoordelikheid. Ek doen die admin en die banksake. Die belasting. Ek hou tred met tegnologie. Die liewe MaanMan, bless his slimme soul, kom nog van die ou skool, waar die sekretaresses (dit was nog voor die tyd wat hulle PA’s genoem was) alles gedoen het. Die base het mos net die besluite en die dinkwerk gedoen.

Maak geen fout nie, MaanMan doen al die swaar werk in ons huis, en hy bring sy kant 200%, maak die tee en pak die skottelgoedwasser uit. Hy is netjies op homself en sy omgewing. Dan kan hy nog intelligente gesprekke voer ook. Kortom, net ‘n plesier om aan my sy te hê. Maar hy sien my as ‘n vennoot, die sterk vrou en mens wat ek is. Tog kan ek nie help om soms te dink ek wil ook soms oor niks hoef te dink of te besluit nie.

So ek kom uit daardie moeilike generasie, waar vrouens begin werk het. Emansipasie het ons ‘n raw deal gegee. Dit het ons sterk gemaak. Ons was vrou en werker. Ons moes – en kon ook – alles doen. Maar ai, dit lyk darem soms so lekker as mans so storm om die hulpelose wesens te hulp te snel!

Miskien in ‘n volgende lewe? Maar net kortstondig dink ek.

Men have loved to dwell … on the demure maiden whose inevitable reply is: Oh, yes, if you please, kind sir! The demure maiden, the demure spouse, the demure mother this is still the ideal.“ – DH Lawrence

“Demures might not be rich, intense or vivid in colour, but they do have a place in the herbaceous border of life. They are those small blushing flowers in the front nodding prettily away. It is only when you dig them up you find their long tenebrous roots have strangled every other plant in the bed.” – Lin Sampson

 

Advertisements