Sleutelwoorde

, , , ,

Ouma, ons is eintlik almal sterre, ons droom maar net ons is mense.

Sowaar?

Jahaaa. En ons is álmal boeties en sussies. En daar is net drie goed wat ons moet doen. Ons moet respek hê vir mekaar, ons moet goed wees vir mekaar, en mekaar help.

Regtig?

Ja, Ouma. Dis die waarheid. Behalwe dat daar nie regtig iets soos die waarheid is nie.

Ja?

En as ons doodgaan, gaan ons na ‘n plek bokant die blou van die lug. Die mense wat lewe, bly onder die blou, en as jy doodgaan, gaan jy na bokant die blou van die lug. Dis ‘n baie groot plek, en daar is niks lande soos Japan en so nie, net een groot plek. En jy gaan almal ken wat jou familie hier was, maar jy gaan ook nuwe familie ontmoet. En jy gaan nie eers ‘n tassie klere of speelgoed saamvat nie, jy gaan niks daar doen nie. Jy gaan ook nie eers eet nie.

Nou waar leer jy hierdie goed?

Ek weet dit net, Ouma. Liewe Jesus het dit self vir my gesê. Ek het vandag gesit en dink en gewonder wat dit is om ‘n mens te wees, toe sê ‘n stem vir my van die sterre. En dit is Liewe Jesus wat dit vir my gesê het.

Het Ouma nog vrae? As ek nog vrae het, mag ek weer vra, dit het Liewe Jesus gesê.

En o ja, Ouma. As jy nou dink jy is ‘n zebra, gaan jy daar ‘n zebra wees.

En daar kom ‘n nuwe wêreld ook. As al die mense wat nou op die aarde is eers daar bokant die blou van die lug is, gaan daar ‘n nuwe wêreld wees.

En toe was die oomblik verby, en sy het uit die bad gespring en gesê, laaste uit was die bad…

Dankie, Kiara.

Edit: And there is more. Vanoggend het sy uit die bloute bygevoeg: Die Waarheid kán bestaan. Maar net hier waar ons nou lewe. Waar almal bymekaar is, is daar net Een Waarheid en dis dat ons almal sterre is.

Edit again: Even more. Het Ouma geweet, diewe en inbrekers is eintlik ook ons broers. Ons moet respek vir hulle ook hê. Geen emosie terwyl sy praat nie. En het Ouma geweet, niks is eintlik Reg of Verkeerd nie. En Ouma, nie almal moet weet van hierdie goed nie. Min mense weet eintlik daarvan.

“Grown-ups never understand anything by themselves, and it is tiresome for children to be always and forever explaining things to them”
― Antoine de Saint-Exupéry

 

Advertisements