Sleutelwoorde

,

Skrywer Dries Brunt is een van die mense wat ek laat in my lewe ontmoet het, en bevoorreg voel dat ek wel die geleentheid daarvoor gekry het. Hy het vandag sy 81e verjaarsdag gevier. Met sommige mense vóél jy mos net ‘n groter band as met ander, en Dries is vir my een van daardie bandmense.

Dries het verskeidenheid van belangstellings en ‘n indrukwekkekkende akademiese rekord en werksgeskiedenis. Sy boek, Dagboek van ‘n eensame (as e-boek by Boekemakranka beskikbaar as Ekspedisie Onvervuld, is ‘n fiksieverwerking van ‘n deelname aan ‘n Antarktiese ekspedisie wat hy in 1963/4/5 meemaak. Deur hierdie ondervinding kon hy fiktiewe realisme inbou en saam met sy filosofiese belangstelling die liggaam/siel-eenheid/-skeiding inwerk in ‘n verhaal oor fisieke blootstelling en geestelike oorwinning.

Sy kennis van kuns, musiek, digkuns en wêreldliteratuur is indrukwekkend, en Steve Hofmeyr beskou Dries as sy mentor ten opsigte van die skryfkuns. Hy het meer as 500 boekresensies vir Citizen geskryf.

Mens word ook nie agt dekades oud sonder om die lewe te leer ken in sy vele fasette nie. So het Dries boeke geskryf oor onderwerpe waarvan hy persoonlike kennis dra waarvan min mense iets weet, soos ‘n ekspedisie na Antarktika, en die verhaal van dr Gerhard Buchner, wat die aborsiekliniek bedryf het in die vyftigerjare.

Inligting soos deur Dries geskryf, op LitNet:

Kliek op die voorblad om die eerste deel van Eilandia gratis te lees.

Dries is in 1933 in Nederland gebore en emigreer in 1949 saam met my ouers na Suid-Afrika. Hy skryf: Hier gaan bly ons in Pretoria waar ek, met uitsondering van ’n kort verblyf in Vanderbijlpark, my lewe lank woon. Hier in die Jakarandastad ontmoet ek Maryna Cilliers van Eilandia, ’n plaasgemeenskap naby Robertson, en ons trou in 1959. By haar ouers, wat wingerdboere was, leer ek die lewe op ’n wingerdplaas ken en het dit my en die kinders verryk, ’n nuwe wêreld van plaas, oop vlaktes en swem in die Breërivier oopgemaak en by my sommer ook ’n liefde vir wyn en moskonfyt vasgelê. Sy mees onlangse boek, Eilandia, beskryf dan ook sy grootwordjare. Dit is veel, veel meer as gewone kontreistories. ‘n Leser beskryf dit as volg: Ek het nie genoeg woorde om die lekkerte van hierdie boek te beskryf nie. Die boek kom lê sag op jou tong soos soet hanepootdruiwe, moskonfyt, Rooiberg Muskadel. Dalk het ek die boek ekstra baie geniet omdat ek die wêreld waarvan die skrywer skryf, ook ken. Maar dis die lees werd vir enigiemand. Die vertel- / skryfstyl is lekker leesbaar. ‘n Heerlike boek! – A Taylor

Dries, ek eer jou.

Om meer te wete te kom van Dries se  lewensfilosofie, lees ook die e-boek, Funbook

Kliek hier vir ‘n lys van al Dries Brunt se e-boeke op Amazon

Boeke ook in epub beskikbaar by Kalahari en Leserskring, Kobo en MyBooks.

Advertisements