Sleutelwoorde

Die afgelope tyd het ek nogal negatiewe kommentaar gekry omdat ek meegevoel en deernis het met Oscar Pistorius en veral met sy familie. Dis verskriklik, dis ontstellend, dit grusaam. Maar dit moes gebeur. Dit raak ons almal wat ooit van hom gehoor het. Dit bring emosies in onself op, en gee ons geleentheid om ons eie bagasie en lewenservaringe en lesse te toets aan die hand van die gebeure. Ons kan onsself meet aan ons eie maatstawwe en standaarde. Hierdie tragedie het perfek uitgespeel volgens universele plan, sodat miljoene mense wêreldwyd daardeur geraak kan word, op verskillende maniere. Dit het gebeur for the Highest Good of all.

Hoe op aarde kan so ‘n verskriklike gebeurtenis vir ons ‘goed’ wees, kan jy vra, maar die gebeurtenis (die doodmaak van ‘n mens) self is neutraal, dit is hoe dit my en jou raak wat saak maak. Daar word daagliks moorde gepleeg, oral in die wêreld. Daar is vandag ‘n mens doodgeskiet, maar min mense het daarvan gehoor, dit raak niemand emosioneel nie, behalwe sy binnekring. Soms hoor ons daarvan, meestal nie. Waarom raak die een persoon se dood ons dan meer as ‘n ander? My opinie is dat dit gebeur, juis omdat dit ons raak, dat ons onsself moet afvra waarom ons emosioneel reageer.

Ek glo aan Reïnkarnasie, ek glo dat ons meer as een lewe het. Ons begin hierdie lewe met ‘n plan in die hand, en die keuses van ons lewenspad lyk soos ‘n bal, met ‘n netwerk van drade. Die drade is ons lewenspad, met keuses en kruisings uitgestippel. Ek glo daar is vrye keuse, maar beperk tot dit wat op jou lewensplan aangedui is. Oral op daardie keuses, is daar verskillende geleenthede wat ingebou is, om ons die geleentheid te gee om dit wat ons beplan het vir hierdie lewe, te ervaar.

In ‘n vorige blog het ek geskryf: Selde kry jy iemand wat neutraal staan teenoor een van ons helde. Dis óf ‘n hengse verering, óf daar word snedig verwys na die persoon se swakhede. Daar is massas mense wat elke nuusbrokkie opslurp oor ‘n so ‘n persoon, plakboeke maak, elke boek en biografie koop oor die persoon. In die proses verhef ons hulle tot ikone en weier om enige menslike swakhede as deel van hulle menswees te aanvaar. Nie een van hierdie mense het hulself verheerlik nie, dit is ons. Koerante en tydskrifte moet verkoop, en daarom speel hulle in op hierdie menslike behoeftes en eienskappe van ons. Ons koop, slurp op, Tweet, en kliek op Share. So sneeubal dinge en word die idee van ‘n persoon dan groter as die persoon self. Ontmens ons hulle nie in die proses nie?

Nou hoe groter die held (en Oscar wás ‘n held, plaaslik en internasionaal), hoe harder val hy, lui die spreekwoord. Vir my voel dit dat hy eers hierdie held moes word, dat mense moes weet van hom, voordat hierdie tragedie wat onbeskryflike hartseer vir soveel mense veroorsaak het moes gebeur, juis dat dit soveel mense moet raak, wêreldwyd. ‘n Joernalis het mense in ‘n gehuggie in ‘n afgeleë deel avn Kanada raakgeloop wat weet hiervan.

Die sielsgroepe, primêre en sekondêre groepe, soos beskryf word in Michael Newton se Journey of Souls, bepaal wie nouer as ander geraak word deur die gebeure. Daardie groepe word ten nouste geraak met mekaar se lewenspaaie, en kontrakteer as’t ware vooraf oor wie watter rol gaan kom speel.

Ek glo in sekere vlakke van sielsontwikkeling. Hoe hoër jou siel ontwikkel is, hoe meer mense raak jy aan deur jou lewe. As ek aan al hierdie dinge ding, en terugkyk op Oscar se lewe, voel dit vir my of hy met ‘n baie spesiale plan gekom het. Sy grootwordjare was moeilik, sy verhoudings en vriendskappe ook. Ek glo dat tye van swaarkry en uiterste trauma wel beplan is en dat dit die dinge is wat jou siel laat groei. Miskien, net miskien, was die besluit wat Reeva se siel geneem het toe sy haar lewe hier beplan het, juis om hierdie rede.

Oscar loop sy pad dalk reguiter as ek en jy. Reeva het ook gekies om aan Oscar se hand te kom sterf. Dinge kon anders gewees het, maar hierdie keuse wat hulle gemaak is is deel van hulle kontrak, wat hulle met hulleself gesluit het. Hoe verskriklik moeilik is dit dalk nie vir Oscar om hierdie kontrak op ‘n suiwer aardse manier uit te voer nie? Arme Oscar. Op ‘n manier kan ek se dankie dat jy dit moes doen, om miljoene mense oor die wêreld emosioneel aan te raak, sodat hulle die geleentheid kry om na hulle eie lewenspaaie te kyk, en hulle eie geleenthede vir groei te ervaar.

Ons lewens en liggame hier op aarde, is nie ‘n stofdeeltjie van wie ons werklik is nie. There are more things in heaven and earth, Horatio, Than are dreamt of in your philosophy. – Hamlet

Reeva en Oscar, ek ag en eer julle. Beide families, ek ag en eer die waardige manier wat julle almal hierdie verskriklike hartseer hanteer.

Namasté

“Out of suffering have emerged the strongest souls; the most massive characters are seared with scars.”

― Kahlil Gibran

Unending Love

I seem to have loved you in numberless forms, numberless times…
In life after life, in age after age, forever.
My spellbound heart has made and remade the necklace of songs,
That you take as a gift, wear round your neck in your many forms,
In life after life, in age after age, forever.

Whenever I hear old chronicles of love, it’s age old pain,
It’s ancient tale of being apart or together.
As I stare on and on into the past, in the end you emerge,
Clad in the light of a pole-star, piercing the darkness of time.
You become an image of what is remembered forever.

You and I have floated here on the stream that brings from the fount.
At the heart of time, love of one for another.
We have played along side millions of lovers,
Shared in the same shy sweetness of meeting,
the distressful tears of farewell,
Old love but in shapes that renew and renew forever.

Today it is heaped at your feet, it has found its end in you
The love of all man’s days both past and forever:
Universal joy, universal sorrow, universal life.
The memories of all loves merging with this one love of ours –
And the songs of every poet past and forever.”

― Rabindranath Tagore (1861-1941) , Selected Poems

Advertisements