Daar is wisselende menings oor die aanvaarbaarheid van vet en rolle en ou lywe op die strand, maar ek is lankal verby die stadium waar ek my steur aan die artikels in tydskrifte en advertensies wat net pragtige, bruin jong lyfies op die strand wys. Die implikasie is dat jy so moet lyk voordat jy dit op die strand waag. Ons weet mos nou al van foto-stilering, grimeerkunstenaars, goeie fotografie en PhotoShop. Die meeste mense het gewone lywe, met skade van son en swangerskappe. Ons is nie almal modelle nie. Een en elke mens het die reg om op die strand te loop! Middeljarige bolletjie of te nie. Muffintop of nie. Stywevleise en drilvette.

Een van my vriendinne, met die mooiste atleetlyf, het een dag vir my gevra waar kry ek die selfvertoue om sommer net so met ‘n swembroek op die strand te loop. Ek kon nie glo dat sy skaam is vir haar lyf nie, as mens ‘n grys kop het, en jy het min onderhuidse vet van al die gedrawwery is dit tog logies dat ‘n 60-jarige lyf plooierig sal wees. Die Hollandse, Duitse en Franse oumense  trek sommer net daar op die strand aan, en nie een van hulle lyk soos ‘n model nie.

Ek moet darem bieg dat dit vir my net een dag moeilik was, toe ek en Elana Meyer saam sand van ons halfnaak lywe afgespoel het, die kontras tussen so plankharde blinkbruin lyfie, en die sagte witte… Maar ag wat, skud af daardie selfbewustheid, skud af die skaamheid, skud eerder die boude! En as ek wil laf wees saam met my dogter en kleindogter, dan doen ek dit. Op hierdie dag het ons mekaar afgeneem, en omtrent op die sand rondgekruip soos ons lag. Wie sê net mooi jong meisies mag pret hê op die strand?

Geniet jou vakansie waar jy ook al gaan, en skud die boude!

All the universe has got a sex-like quality about it. It is seminal and productive at the same time. The seeds of words produce ideas. The seeds of ideas produce goodness knows what. The whole blessed thing is male and female at one and the same time. In fact, the whole thing is pure sex. We’ve taken one aspect of it and called it sex, or made it self-conscious and called it Sex. But that was our own fault, wasn’t it? – Fynn, Mister God, This is Anna

Advertisements