Sleutelwoorde

Bord*Klop-klop*
“Hallo, is this a B & B?”
“This is self-catering, how can we help you?”
“We don’t need a place to stay, we just want to use your place to wash and stuff …”

And stuff inderdaad … Ek het nogal gewonder wat die ‘and stuff’ behels

Vir baie mense is ʼn gastehuis-by-die-see ʼn baie romantiese prentjie, maar die realiteit is ook beddegoed wat skoon en droog moet kom, toilette en storte wat geskrop moet word. Ons werk hárd, maar ek ruil nie my werksplek vir enige ander kantoor met vergaderings, begrotings en mislike base nie.

Tien jaar gelede het ons ons twee selfsorgeenhede in Kleinmond begin bedryf. Ons het begin met die persepsies van wat ons gehoor en gelees het, en die realiteit het ons aangenaam verras.

90% van mense is skoner as wat ons gedink het, en laat die plek skoon en netjies
90% van mense is meer bedagsaam as wat ons gedink het
90% van mense is bedagsaam met inkom- en uitgaantye
90% van mense lawaai minder as wat ons gedink het
90% van mense dra nie ons plastiekbakke, dubbelproppe, skerp messies en goeie vadoeke weg nie
90% van mense vee nie hulle fietswiele en skoene skoon met ons handdoeke en/of vadoeke nie
90% van mense gebruik nie ons messegoed vir tools nie

So ja, gruwelike gastehuisverhale bestaan, maar die grootste deel van die mensdom is Goeie Gaste! Dankie julle!

Net ‘n paar dingetjies:

Ek weet julle gaan rondry en strand toe gaan en alles, maar dit kos nie minder as jy my probeer vertel jy soek net-’n-bed nie. Dat jy die hele tyd eintlik weg gaan wees nie. Net ‘n ou lêplekkie, en miskien ‘n gaatjie wat jy ‘n ou koffietjie kan maak, en dalk ‘n ou braaiplekkie waar jy ‘n vleisie kan braai… Die verkleinwoordjies maak nie die prys minder nie…

As jy ‘n glas of beker breek, dis oukei, jy hoef nie een te koop om dit te vervang nie. Ongelukkige gebeur. Ons hou ekstras wat die stel weer opvul met dieselfde glas.

No pets beteken NO pets… Ek weet jou hond is by jou huis goedgemanierd en alles, maar vir ons beteken No pets NO pets…

As ons nie beskikbaarheid het nie, kan ek regtig nie. Nee, ek kan regtig nie ‘n plan maak nie. Nie eers net vir een nag nie. Nie eers net een kamer nie. Vol is vol!

Moenie onderhandel vir ‘n beter prys omdat julle net twee is, en dan bring jy ekstra mense nie.

As ons sê ons is ingerig vir vier mense, dan bedoel ons vier mense. En nee, ons gee nie opblaasmatrassies, ekstra beddegoed/handdoeke, borde ens nie. As julle meer as vier is, huur die plek wat ses slaap. Daar is baie goeie redes waarom daar beperkings is.

Ons kan regtig nie voorlopige besprekings maande vooraf sonder deposito’s maak, dat jy eers seker kan maak of jy wel kan/wil kom nie.

Dankie vir die 90% gaste! Julle maak ons lewe die moeite werd! Dankie ook vir die 10%, julle hou ons nederig.

http://www.kleinmondLogoselfcatering.co.za – Waar jy bekostigbare akkommodasie kan kry, lekker naby die see.

Advertisements