‘Hulle’ sê jy moet aktief bly om die ouderdom en sy pyne op ys te hou. Nou vandag voel ek, hulle vreet skille. Gister het ek fisiek hard gewerk, ‘n entjie gaan fietsry, bietjie yoga gedoen en laatmiddag gaan rolbal speel. Vanoggend toe kom ek stadig uit die blokke, my lyf pyn en my gebeentes kraak. Ek voel nie lekker nie, my kop is seer en my vel brand.

Alhoewel ek sportief is, en my lewe lank vir mense moes sê ek lyk maar net soos ‘n atleet met hierdie enorme kuite, is ek eintlik lomp en het swak koördinasie. Ek het nooit aan enige georganiseerde sport deelgeneem nie, behalwe gym en aerobics toe dit groot was in die 80’s. Ek hóú nie van pyn nie. Dit laat my nie lekker voel nie. Ek doen net goed totdat ek voel dit maak my seer.

Nou wat laat my lekker voel? Speel laat my lekker voel.

En soms gee speel ook sommer bietjie oefening daarby. Ons moet meer speel. Speels wees. En nee, meneer, nie speuls nie, spééls.

The aging process has you firmly in its grasp if you never get the urge to throw a snowball.
Doug Larson

Advertisements