Met die nuwe bohaai oor Die Fliek na Die Boek, verstaan ek presies waarom soveel vroue die boek/fliek geniet het. Ons kan nou maar hoog op ons perde sit oor die gehalte van die skryfwerk, oor die gevare van aanhitsing van geweld, oor die BDSM wat nie ‘real’ is nie.

Maar. Wie van ons wil nou nie:

  • ‘n Man hê wat jou begeer met sy hele hart, siel en lyf nie.
  • ‘n Man wat alles sal doen en gee, sodat jy gemaklik en gelukkig is.
  • ‘n Man wat jou verstaan, en presies weet wat in jou kop, hart (en lyf) aangaan, en reageer daarop.
  • ‘n Man wat aandring dat jy tog asseblief net al jou kos sal opeet, dat jy bietjie gewig kan optel.
  • ‘n Man wat die maatskappy koop om seker te maak dat jy gelukkig by die werk is.
  • ‘n Man wat ontevrede is as jy jou hande lig om ‘n glas in die skottelgoedwasser te pak.
  • ‘n Man wat sorg dat jy die nuuste en beste BlackBerry, iPad, iPod en laptoppie het. Dis nou nadat jy jou aangetrek het met die klere wat sy persoonlike shopper vir jou gekoop het, nommerpas en stylvol. Uit die aard van die saak is jy gegroom en bederf met enige behandeling van jou keuse.
  • ‘n Man wat jou bo alles en almal stel.
  • Laastens ook ‘n man wat nie die einde van sy skatte ken nie, wat aandring dat dit ook aan jou behoort.
  • ‘n Man hê wat jy kan verander nie? ‘n Man wat reeds alles is en het wat jy graag wou hê maar al sy kinderjare se skade en issues wat hy langs die lewenspad opgedoen het, gaan jy beter as enige sielkundige hanteer, en hom verander.

Dit sal enige vrou in so mate aandraai dat sy vyftig skakerings van grys sal sien!

Wie van julle sal nie bereid wees om te whisper en te murmur en te smirk en op jou lip te byt, terwyl jy jou oë vir hom rol nie?

Laters!

Gebruik hierdie skakel en bestel enige van die Fifty shades reeks e-Boeke van Amazon

Bestel die eerste in die reeks, Fifty shades of grey HIER van Kalahari

Bestel al drie boeke in die Fifty Shades reeks HIER van Kalahari

Erotiek in Afrikaans: Bestel Maanvrug HIER van Kalahari

Erotiek in Afrikaans: Bestel Maanvrug HIER van Amazon

Advertisements