Iemand het vroeër vanaand gepraat van geurige olies, wierook en mirre. Pleks dit my soos ‘n Bybelse maagd laat voel, verplaas dit my toe nou dadelik na die dag toe ek gedink het ek pleeg doelbewus diefstal in ‘n Monastery wat dateer uit 4 nC, omdat ek my vir die ou Priester daar vererg het.

In 2001 was ons met ons een dogter in Cyprus, en dit was heerlik om na al die ou geskiedkundige geboue en Monasteries te gaan kyk. Daar word beslis te min bemarking gedoen oor Cyprus as vakansiebestemming. Een van die plekke wat ons besoek het, was Stavrovouni Monastery naby Larnaca. Dit is hoog op ‘n bergtop gebou, en dit is ‘n moeilike paadjie soontoe met ‘n kar. Hoe die mense die plek daar gebou gekry het soveel eeue terug, weet ek glad nie.

Ons is voorgekeer deur ‘DSC09868n waardige ou Priester, wat ons streng meegedeel het dat die Monastery slegs deur mans besoek mag word. MaanMan is toe daar in, en ons twee bly toe in die curiogedeelte en kyk na al die klein ikone en goedjies wat te koop is. Wat ons sonde was weet ek glad nie, ons kon eintlik aan niks vat nie, behalwe vir die bak pienk swieties wat daar gestaan maar ewe skielik het die waardige ou man met swaaiende lappe en vlerkmoue weer teruggekom en ons twee daar uitgeboender. Ons skrik toe nogal, want ons het niks gedoen nie, behalwe dalk ‘n paar sagte Afrikaanse vloekwoorde oor sulke diskriminasie onder mekaar. Dit is immers ‘n gewyde plek. Ek sê toe vir Fief, kom ons eet sy swiets, want hy het ons klaar gejaag, meer kan hy nie doen nie. Toe vat ons elkeen ‘n paar van hierdie lekker pienk swieties en prop dit ons monde.

En so het ons met Mirre kennis gemaak. Van kindsbeen af wou ek graag weet wat presies is Mirre waarvan die Bybel praat. Nou kan ek eerstehands sê, dit is harsagtig, bitter soos gal, ten spyte van die heerlike soet reuk, wat ons aan die Turkish Delight herinner het waaraan ons die hele vakansie daar gesmul het. Hierdie boksie bêre ek na twaalf jaar nog steeds, en dit het nog niks van die geur verloor nie.

Stavrovouni Monastery Cyprus

Perched on a rocky peak, Stavrovouni means Mountain of the Cross. According to tradition; it was founded in the 4th century by the mother of Constantine the Great, Agia Eleni, who left a fragment of the Holy Cross at the monastery. The brotherhood is extremely devout, keeping vows as strict as those at Mount Athos in Greece.

Advertisements