More verjaar ek! Soos julle kan sien is my wall toe, en kan enige goeie wense, vliegkaartjies, syserpe, CD’s, boeke, Spa vouchers, lekker badgoeters, blomme en gevriesde etes by my voordeur, in my Inbox of as kommentaar hier gelaat word.

Om julle idees te gee, ‘n paar van die cool goeters wat mense al oor die jare vir my gedoen het, is hierdie versie van Zanie, die koffie van Christelle. Sy het die moeite gedoen om my naam vir ‘n barista te spel (glo my, mens moet, anders kry jy Trisha, Tricia, Trish of Trissa) en met goeie gedagtes net vir my, haar oggendkoffie gedrink. Lin het my naam in sneeu in Skotland geskryf. Dis so cool, dis ysig!

ek weet jy’s cooler as ek
want jy het lipstick prints op jou lunch time se servette.
ek weet jy’s cooler as ek
want jou beach house is op kleinmond se pamflette.
ek weet jy’s cooler as ek
want jy ken die tunes van die RSG balette.
ek weet jy’s cooler as ek
want jy loop op die beach met jou skirt en jou crocette

baie geluk maankind.
x

Trisa 55 Christelle Pret Botha Trisa Skotland MKoekie

Ek gee nie om om ouer te word nie. Madeline L’Engle het tereg gesê: The great thing about getting older is that you don’t lose all the other ages you’ve been.
x

Advertisements