Vier koffies asseblief.
Ricoffy of filter, Mevrou?

Hier is twee beddens, maar net een ekstra kombers.
Ja, Mevrou, ons sit net een uit in elke kamer.
Wie moet dan koud kry? Kan ons nog een kry asseblief?
Ek sal moet sien, Mevrou, daar is net een vir elke kamer.

Die afgelope week het ons by ses verskillende plekke oornag tydens ons blommekyktoer, en by net soveel restaurante geëet.

  • Nul uit ses bedliggies was so dat jy daarby kon lees.
  • Twee uit ses beddens het nie bedliggies aan beide kante gehad nie.
  • Ek moes twee beddens wegtrek om by die prop uit te kom om ‘n foon te laai.
  • Ek moes een bedkopstuk wegtrek om die bedliggie se skakelaar by te kom.
  • Nul uit ses plekke het dubbelproppe voorsien.
  • Vyf uit ses storte se grouting was mouldy.
  • Twee uit ses badkamers se stortkoppe was toegekalk.
  • Vyf uit ses badmatjies het al vorige voete op gehad.
  • Vyf uit ses plekke het hierdie dun flertse recycled toiletpapier gegee.
  • Twee uit ses plekke was totaal onvoorbereid op ons koms, ten spyte van besprekings en betalings, asook e-pos en ‘n oproep van my kant af vooraf.
  • Nul uit ses plekke het vooraf van hulle kant af gekommunikeer, nadat ek deur derdepartye besprekings gedoen het.

Ons het spesifiek nie by die goedkoopste plekke bespreek nie, dit wat so driester-plekke. Aangesien ons ook in die akkommodasiebedryf is, probeer ons altyd om by www.kleinmondselfcatering.co.za aandag te gee aan klein dingetjies, en probeer ons leer deur ander plekke se foute.

Suid-Afrika se toeristebedryf bly sowaar aan die gang, ten spyte van hulleself.

Advertisements