Sleutelwoorde

, ,

Daar is breedweg 3 uitgangspunte wat mense glo oor die dood. Tog kan niemand weet nie, nie een van hierdie opinies is meer geldig as ‘n ander een nie.

1 As jy dood is, is jy ‘n dop wat bloot teruggekeer aarde toe. Stof is jy en tot stof sal jy… Jy is kláár.
2  In die hiernamaals leef jou siel voort. Vir ewig en ewig.
3  Reïnkarnasie. Jou afsterwe is ‘n deurgang na ‘n ander dimensie waar jy tydelik woon, tot die begin van ‘n nuwe siklus waar jou siel reïnkarneer in ‘n nuwe liggaam, aanbreek.

Ek het in verskillende fases van my lewe aan al bogenoemde geglo. Die langste tydperk was no 3, reïnkarnasie. Nou is daar al geruime tyd in my kop ‘n nommer 4 aan die broei. Dit bevat elemente van 1 en 3. Ek probeer dit nog in my kop formuleer, hoe dit wat in ons selle lewe, ons lewensenergie oftewel Chi, die DNA wat ons maak wie ons is, dit wat ons agterlaat aan ander in die vorm van hulle gedagtes, die spoorelemente en minerale wat van ons oorbly, hoe dit alles voortbestaan na ons dood in ‘n nuwe liggaam.

Abel Pienaar het ‘n baie insiggewend artikel oor die dood geskryf. Lees dit asseblief.

Ek gee glad nie om wat ander hieroor dink nie, die een opinie is nie vir my meer relevant as die ander nie, solank ons net dink oor wat ons in glo.

Advertisements