Sleutelwoorde

, , ,

Elke keer as ek na die Beatles se Octopus’s garden luister, wonder oor daardie universele oerkennnis waaruit alle kunstenaars tap. Soms is my gordyntjie tussen realiteite ook dunner as ander tye en tap ek ook hier en daar. As mens agterna kyk na woorde wat jy voorheen geskryf het, weet jy mos soms nie hoe op aarde kon jy juis dit uitgedink, of so kon formuleer nie.

Toe ek vanoggend weer Nathaniel Hawthorne se gedig, The ocean lees, het ek weer gewonder of Ringo Starr dalk die gedig gelees het en so inspirasie gekry het toe hy Octopus’s garden se lirieke geskryf het, of het hulle uit dieselfde bron van kennis getap? Hierdie is twee totaal verskillende goed, die een lig en lekker, die ander swaar en somber. Hoe dink mens iets uit? Waar kom kennis vandaan?

Ingrid Jonker het haar rus en vrede onder die see gaan soek.

Drie verskillende perspektiewe op die see. Vir my is die see helend, die gevoel van die sand onder my voete laat my geanker voel. Die koue soutwater wat oor my voete spoel maak my gemoed skoon. Die sand wat taai aan my voete kleef lank nadat ek my voete afgespoel het, laat my nadink. Veral oor wat blywend is in die mens se lewe, nadat die los gedagtes van jou afgeskud en afgespoel is. Die reuk van vars uitgespoelde kelp het vir my die weëige reuk van ‘n vrou se verlange. Die see se bui is elke dag anders, die kleure allermins altyd in skakerings van blou, groen en grys. Ek het al ‘n silwer see gesien, goue golwe en die pienk van ‘n sonsondergang geweerkaats in die see. Soms is die see woes en wild, op winderige dae vol wit perdjies, of onverwags ‘n bedrieglike plat, kalm dam.

Soos ons.


The Ocean
BY NATHANIEL HAWTHORNE
The Ocean has its silent caves,
Deep, quiet, and alone;
Though there be fury on the waves,
Beneath them there is none.
The awful spirits of the deep
Hold their communion there;
And there are those for whom we weep,
The young, the bright, the fair.

Calmly the wearied seamen rest
Beneath their own blue sea.
The ocean solitudes are blest,
For there is purity.
The earth has guilt, the earth has care,
Unquiet are its graves;
But peaceful sleep is ever there,
Beneath the dark blue waves.
Source: The Mariner’s Library or Voyager’s Companion (1833)

 

Advertisements